Die Goue Vroue kuier steeds tog te lekker om die langtafel op Rebusfontein terwyl die praatstok van die een Goue Vrou na die volgende aangeskuif word, elkeen haar beurt kry om te praat waaroor sy ookal wil. Maar dit beteken nie dat die Goues altyd tjoepstil sit en daar nie soms tussenwerpsels ook is nie, soos ek wat ‘n draaitjie wil loop, en dit op die ou end uitloop op ‘n reddingspoging nie! Soos ons mos darem noual amal weet, weet ‘n mens nooit wat volgende by die Goue Vroue gebeur nie.
Intussen het Seegogga vir ons elkeen ‘n geskenkie gepos: ‘n Skilderytjie van Blommie, Kameel se koei wat sy superbont geverf het en twee buffs, een in wit met geel gedruk en een in geel met wit Goue Vroue op gedruk. Te oulik.
Maar Christa is ook nie links nie, net daar besluit sy dat die langtafel nou behoorlik versier moet word soos vir ‘n Kersete. Ons hét dan nou almal ‘n geskenkie gekry en hoekom mag ons in Suid-Afrika nie ook ‘n winterskersfees hou nie? Natuurlik wil ek dadelik deelneem, want as daar net ‘n skrale moontlikheid van pret is, wil ek deel wees daarvan.
Ek en Appeltjie maak mos die servette met die goue rantjies. Ek het ‘n lieflike stensil ontdek in die plaaslike ‘craft shoppie’. Dis nou net mooi die regte ontwerp vir ‘n winterkersfees!
Om stensilwerk te doen is ‘n tydrowende storie. Daarby verg dit baie konsentrasie en ‘n fyn motoriese aanleg. Gelukkig is Appeltjie my servet-skep-maatjie. Sy is baie knap met die omkapmasjien en meet elke ontwerp akkuraat uit voordat ons die 14 servette aanpak. Ons kan nie afsteek by Christa se geel-en-wit gedekte tafel nie. Ons goue servetpatroontjies verleen glans aan die winterkersfeesviering.
Elke Goue Vrou het ‘n takie wat met intense toewyding aangepak word. Ek is rêrig nuuskierig om te sien hoe elkeen Seegogga se buffies drapeer.
My foto is impromptu geneem, maar ek glo julle sien ‘n sweempie gesofistikeerdheid raak!
Ek is super nuuskierig om te sien hoe daai servette gaan lyk. Ai tog..is ons al weer op kos maak uit???? 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Baie stylvol, Letty-Ann!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die kompliment,Frannie!
LikeLiked by 1 person
Jou en Appeltjie se stenselwerk klink pragtig, en jong, jy lyk uitsonderlik gesofistikeerd met jou buffie.
LikeLiked by 1 person
Hie-hie! Dankie,Una.
LikeLike
Wat n pragtige hoofbedekking,Aalsie. Baie deftig. Jy kan daarmee na die sheik se kasteel toe gaan- of na ons langfafel ete!
P
LikeLiked by 1 person
Dankie,Seegogga.Ek sal dan grimering dra😍
LikeLiked by 1 person
Ha ha
LikeLiked by 1 person
O dis mooi! En julle servettegaan mooi wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek wonder wat gaan Appeltjie hieroor skryf!
LikeLiked by 1 person
Sy maak dalk een om te demonstreer.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so
LikeLiked by 1 person
Lief jou foto.
LikeLiked by 1 person
Tx!!
LikeLiked by 1 person
Oe! Ek geniet dit baie, jou foto ook. Dankie vir die servette, dit gee glans aan die fees. Ek het glad nie aan kos gedink nie, maar ek is seker daar gaan wees, wat dink jy?
LikeLike
Dankie dat jy die inisiatief neem! Ek is lus vir lekker kos. Iets soos skaapboud en soetpatats en souskluitjies.Toortsie sal wel iets interresant optower!
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed ons gaan moet help aan kos …
LikeLike
Ek volunteer die skaapboud!
LikeLiked by 1 person
Wonderlik, ek kan nie wag nie.
LikeLike
Ek sal dit in die air frier gaarmaak.
LikeLiked by 1 person
Jong, daai masjien is die beste ding wat daar kan wees. Ek is gek oor myne, hy vat Thermie se plek. Sy is nie gelukkig nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het vandag ‘n heel hoender daarin gebraai.Vingerlek lekker.
LikeLiked by 1 person
Hmmmm, ek weet. Ek het gisteraand hoender in eier gerol, toe brummels oorgesit en gebraai. Baie, baie lekkerder as KFC. En dit is vinnig. Vanaand het ek steak, word en chips sommer so saam gemaak. 20 minute op 180, steak omgedraai en 10 minute verder op 180. My man wat baie fitterig oor braai is, laat my nou toe om die braaiwerk te doen …
LikeLiked by 1 person
My man kan nie glo ek waag dit ook met hierdie nuwe tegnologie nie.Tata vet!
LikeLiked by 1 person
Presies, my man het 6kg so oor twee maande verloor omdat niks meer in vet gebak word nie.
LikeLike
Hier by ons smelt ons gramsgewyse weg.
LikeLiked by 1 person
Dit werk beslis. En die kos is heerlik!
LikeLiked by 1 person
Ek stem.Al die vleissappe bly behoue.
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar, en die masjien maak in ‘n japtrap skoon.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie mal oor jou foto, Seegogga gaan dit baie waardeer.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Christa.Sommer so,sonder grimering.Oor die 60 en steeds sproete!
LikeLiked by 1 person
En pragtig, ek lief dit.
LikeLiked by 1 person
Julle sal beslis moet help met die kos. 😁
LikeLiked by 2 people
Dankie,ons val by jou in💃
LikeLiked by 1 person
Elkeen bring wat sy graag wil.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek sal die proewerk doen.
LikeLiked by 2 people
Net ‘n ernstige waarskuwing, Christa: stadig met die proeëry…
LikeLiked by 2 people
Ek waarsku op grond van vorige ervaring…daar is gewoonlik ernstige uitrafeling…pasop veral vir Toortsie se tiramisu!
LikeLiked by 1 person
Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Oe dankie, Frannie. Ek gaan beslis stadig proe. Ek moet nog weet wat ek praat ook, Frannie.
LikeLiked by 1 person
Jou foto’s is lieflik!!
LikeLiked by 1 person
Ek doen mos nooit so iets nie, dit is die geskenkies se skuld.
LikeLike
A,Seegoggatjie was bitter oorspronklik met haar geskenkies in die pos!!!
LikeLiked by 1 person
Sy was en dit is so spesiaal, ek het sommer knop in my keel.
LikeLiked by 1 person