Van Lugkastele na ons Goue Aarde (Kalenderstories)

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebusbestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443afhttps://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Vervolg…ons begin met ‘n verwerking van die stertkant van Una se kalenderstorie:

Die klok slaan 12 uur, en Una, WoordNoot en Trommeltjie loer oor hulle skouers. WoordNoot en Aalsie se foto is geneem. Una het haar broodjie leer bak.

‘Saggies julle, moenie skrik nie. Dis net ons…’, fluister  Una.

Toortsie, Seegogga, San en Positief  kom gebukkend aangesluip en ek volg agterna.

‘Die ander ruim op.’

Vir ń oomblik voel Una skuldig, maar net vir ń oomblik. Sonell, Adri, Christa, VirgoC en tannie Frannie gaan vies wees. Darem kan ons hulle laat weet as ons in die moeilikheid raak.

‘Almal, maak toe julle oë, ons gaan maan toe skiet.’

Ons land redelik bo-oor mekaar daar aan.

My oë rek. Daar wag die ander goue vroue ons sowaar in!

‘Dink julle lot nou wraggies julle kon ons agterlos om alleen skoon te maak,’ sê Appeltjie kliphard.

‘Kyk daar. Ek gaan soontoe.’ Una’tjie is nou op haar stukke.

“Una, nou wil ekke verder vertel”, sê Aalsie ongeduldig.  “Die tyd het aangebreek dat die maan soos mis onder die son verdwyn.  Terug aarde toe!”

‘Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein’

Hierdie refrein maal deur my kop.

My gedagtes gooi ‘n wye draai.  Terug na die sonneblomlande waar ek weer eens my gesig in die rigting van die sonneblomme draai en ek voel die sagte hitte van die son.

Terug in die werklikheid val dit my by…die uitdaging is nie bloot om ‘n kalenderfoto te plaas nie, ek is veronderstel om my Rebus-kookklasresep hier te deel.  Gelukkig ken ek my gunstelingresep uit my kop.  Dis ‘n Turkse pilaf. Dit werk so:

Braai 1 groot ui in sonneblomolie!
Voeg nou een vir een skaapribbetjie by, sout dit en braai tot bruin. Skep gaar ribbetjies uit en hou eenkant.

Braai 2 koppies rou rys en amandelvlokkies in die vet van die ribbetjies wat in die platboompot agter gebly het.

Sodra die rou rys bruinerig gebraai is, voeg die volgende 3 gedroogde kruie by: roosmaryn, marjolyn en pietersielie (en as jy kruisement het, voeg dit ook by).

Gooi 4 koppies kookwater en tamaties wat in blokkies gekap is hierby.  Los ‘n Oxo blokkie op in ‘n eetlepel kookwater en roer by vir ekstra geur.

Skep die bruin gebraaide ribbetjies bo-op die gegeurde rys en laat die rys kook tot gaar.

Nou kan Rhebus se Goues aansit vir ‘n koninklike ribbetjie-en-rysgereg en hierdie besonderse verjaarsdag saam vier.

Una se gedagtes dwaal nog steeds tussen die lugkastele en die maan rond, maar die res van die Goue Vroue trek haar subtiel in die gesprek in.  Niks kom by ‘n groep vriendinne om ‘n bord kos nie. Die boogskutters, dis nou sodra hulle ‘by’ is, is vrygewig met hulle tyd en aandag en slaag daarin om elke persoon te laat voel asof hy die middelpunt is, veral as hulle saam intellektuele argumente en filosofiese idees deel.

Word Vervolg

Paddas in Port Louis

Die paddas in Port Louis
sit ‘n hele koortjie op een reuse, ronde blaar…

Pampelmoes is ‘n ou botaniese tuin en
die lelies bereik tussen Desember en Maart hul kruin maar as jy ander maande daar sou stap gaan jy nog steeds reuse waterlelieblare sien

Mauritius is ‘n vliegkaartjie ver en
daar het al ‘n vliegtuig op die sand gaan vlerksleep – dit lees ek in Huisgenoot,
so as jy bang is vir vlieg, klim op ‘n skip
sodat ek en jy saam op die blare kan wip

Opmerking:Die omtrek van een blaar is 2-3m.

Die Genot van Borduur

Dit was die jaar 1984.

Met my eersteling oppad het ek heelwat tyd op hande gehad. Ver van my familie en baie alleen tye was my voorland want die Vloot was baie bedrywig en my man was die kaptein van ‘n skip.

Ons het die gewoonte gehad om naweke in boekwinkels rond te hang. Gelukkig so want dis daar waar ek die naaldwerkboek vir ‘n leeftyd raakgesien het. Ek moes dit koop! Ek hét.

Ek moes my sinvol besig hou. My ma was altyd besig met die een of ander handwerk, so toe ek die patroon vir ‘n geborduurde kussing in ‘n naaldwerkwinkeltjie sien het die dagte aan borduur by my opgekom. Maar waar begin ek? En hoe maak jy die verskillende borduursteke?

Ek is dadelik boekrak toe. Die boek het ‘n wye verskeidenheid van steke en dit was jare voor selfone en YouTube. Elke borduursteek is in vele variasies geskets en in detail beskryf. Dit was ‘n wonderlike leerskool. ‘n Kreatiewe uitdaging.

Ek is die volgende oggend terug naaldwerkwinkeltjie toe. ‘n Piepklein plekkie, stampvol van borduurpatrone en laaie vol borduurgare. So is ek vir drie maande elke dag soontoe. Dit het my presies drie maande gevat om genoeg geld bymekaar te skraap om die borduurpatroon (met gare!) te gaan koop.

Vir drie maande lank het ek met hartkloppings gaan seker maak die lap is nog daar want ek het my hart op die toneeltjie gesit. En toe kry ek dit.

Terug by die huis het ek elke moontlike borduursteek in gestudeer voor ek dit noukeurig toegepas het. Ek onthou nog goed hoe ek ‘n hele aand aan die kleinste seuntjie in sy vlootblou pakkie se omrol sokkies geborduur het. Bruin baksteenstekies.

Die proses was pynlik tydsaam maar uiters bevredigend. Hoe meer vaardig ek geraak het, hoe meer waaghalsig het ek met kleurkombinasies geword. Die eindproduk was briljant. Soveel so dat drie van my vriendinne van vyf-en-veertig jaar later almal dieselfde ontwerp wou borduur.

Ons borduurprojek was wonderlik want ‘n VLV-lid met Springbokkleure in BORDUUR het ons al die fynere borduurkunsies geleer en sedertdien pak ons die een borduurprojek na die ander aan.

Die KERN van die ❤

Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan.Dis nou,so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf.Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.

Diep in die hart van hierdie geel bladsye versonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie.  Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkhttps://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276eom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.

Lees al die Goue Vroue se geheime op
https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

“For imagination sets the goal picture which our automatic mechanism works on.  We act, or fail to act, not because of will, as is so commonly believed, but because of imagination.” Maxwell Maltz.

Sy hou elkeen om die tafel se gedagtes vir ‘n oomblik gevange.  Haar tegniek, ‘n Knipoog, is genoeg om elke geheim om die beurt te ontwortel.

Tannie Frannie het reeds haar hand gespeel. 

Sy wat Aalsie is het reeds met elkeen van hulle ‘n pad gestap.  Vir haar het alles begin die aand in Madrid.

Die sigeunervrou het haar gefassineer. Skraal, middeljarig met arms oortrek van armbande en goue hoepeloorringe, ‘n ragfyn swart mantiĺla oor haar haardos en kammetjies wat glim in die warm teaterlig.  ‘n Fynbesnaarde waarnemer met charisma.

Die sigeunervrou met haar soel vel en sielvolle swart oë kon tot diep in jou siel sien.  Sy het Aalsie met dringendheid uitgevra oor WAT – of is dit WIE – haar hart op loop sit.

Aalsie het met ‘n haas onherkenbare hees stem haar hartsgeheim met hierdie onheilspellende vrou begin deel.  Hierdie delikate uitlander verstaan in elk geval nie ‘n woord Afrikaans nie.

Sy begin haar vertelling met die eerste dag.  Die dag toe sy aan hom voorgestel is.  Sy vertel van die eerste indruk wat hy op haar gemaak het…’n goeie indruk.  Hy was nie ‘n lang man nie.  Ook nie fors gebou nie.  Hy was kompak – in verhóúding kompak – maar hy het kop en skouers bo almal wat sy op hierdie eerste werksdag ontmoet het uitgetroon.  Hy was ‘n vors!

Sy sterkste aantrekkingskrag was sy stem.  ‘n Sagte, melodieuse maar diep stem.  Wat verder beïndruk het is die wyse waarop hy homself uitgedruk het.  Alles het saam gepraat. Sy oë, sy hande, sy hele liggaam het gevoelvol en dinamies saam gesels.  ‘n Toonbeeld van meelewing.  Animasie.

Hy was die kenmerkende ” officer and gentleman.”

Hy was engels. Dis heelwaarskynlik die rede vir die sagte stemintonasie. Engelse het nog altyd ‘n bekoring vir haar ingehou. Hulle kultuur fokus op galantheid – nie bloot goeie maniere nie.

Daar was die enkele oomblikke wat nét hy haar woordspeling, humor en flitse uit die
verlede begryp het.  Later sou hulle agterkom dis omdat hulle in dieselfde era en in dieselfde area op skool was.  Hy in die engelse hoërskool en sy in die ander een.

Voëls van eenderse vere, kon mens sê.

Sy bloos as sy vertel hoe hy haar ongemak geniet het as sy die teekamer vol mans ingestap het.  Hy het die vermoë gehad om haar geheelbeeld binne sekondes in te neem en dan goedkeurend te knik.  Vir haar was dit ‘n vorm van erkenning.  Daar was niks goedkoops daaraan nie inteendeel; dit het haar oombliklik op haar gemak gestel.  Haar ingetrek in die offisiersgeledere.

Hy was bewus van haar militêre agtergrond.  Een van die min mense wat daarvan geweet het want sy was in die geheime diens.  Nie iets waarmee jy te koop geloop het nie.

Die nodigheid-om-te-weet beginsel was by albei van hulle ingeskerp.  Hulle was diskreet.

Die sigeunervrou hou die katarsis stilswyend dop.  Dis nie meer nodig om hierdie vrou te inspireer nie.  Die woorde wat vir so lank binne gehou is stroom nou spontaan uit.  Die sigeunervrou verstaan nie meer ‘n woord wat Aalsie sê nie, want dié praat nou vlot Afrikaans ( nie dat dit nodig is om ‘n woord te verstaan nie, haar lyf praat akkuraat)..  Die intensheid van haar gelukkige oomblikke kry momentum en toe, toe snik sy.

“En nou?”, wil die waarsêer weet.

“En nou is hy dood.”

Die sigeunerin kyk vir die eerste keer tydens die gesprek na haar kristalring.

“Julle sal mekaar weer eendag raakloop”, sê sy, “en dan mag julle mekaar openlik liefhê.”

Aalsie kyk oorstelp op en voel hoe haar hele wese ontspan.  Sy voel gelukkig.  Gelukkig in die wete dat haar geheim veilig is.  Ekstaties oor hierdie nuwe wending wat sy nooit verwag het nie!

Die twee vroue maak oogkontak – in stille vertroue.  Sonder om ‘n enkele woord te sê deel hulle die kerngedagte…DAAR IS HOOP. Nà die dood is daar hoop.

Terug in die geselskap van haar geesgenote, word sy oorval met vrae…

“Wat het oor jóú lewer geloop?”, wil Virgo-C verbaas weet.  “Dit lyk of jy ‘n vollengte masseersessie gehad het!”

Appeltjie lag, “Nee, dit lyk eerder of sy ‘n geheime bewonderaar raakgeloop het.”

“Waarvoor wag jy, Aalsie? Gaan verf Madrid rooi!”, sê die kunssinnige (en roma ntiese) Seegogga.

“A penny for your thoughts”, prewel Trommeltjie dromerig.

Woordnoot waag dit met, “kom, deel met ons jou binnepretjie.”

En dan las Toortsie aan, “toe nou Aalsie, laat jou liggie skyn!”

Positief ontlont gelukkig die situasie met “stilbly is ook ‘n antwoord.”

‘n Sagte glimlag sprei oor Sonéll se gelaat.  Sy het nou ‘n nuwe idee vir haar volgende boek.

En Una? Una verlang hartstogtelik na die man in die maan.

Tannie Frannie glimlag skalks. “Daar is nie dalk ‘n broodjie in die oond nie?”

Aalsie vang Christa se oog en knipoog. Sy verstaan en stem in om volgende te skryf.

Die Kern

Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan.Dis nou,so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf.Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.

Diep in die hart van hierdie geel bladsye versonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie. Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

Sout! Is jy dan LAF?

Hierdie resep vir Rotskoekies kom uit die resepteboek wat ons op skool gebruik het. (Die boek by ‘n tweedehandse boekwinkel gekry)
120g (250 ml) koekmeel,
12,5 ml bakpoeier,
2 ml sout,
45 g (50 ml) margarien,
25 ml suiker,
50 g korente,
1 klein eier,
75 ml melk of water.

Stel oond op 200 ºC. Smeer bakplaat van 150 mm x 300 mm. Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf met vingerpunte die margarien in. Voeg suiker en korente by die meelmengsel. Maak deeg aan met eier (effens geklop) en melk of water. Skep hopies op die bakplaat of in papierbakkies. Bak vir 20 minute. Laat afkoel op draadrakkie. Ek onthou dit was een van die eerste goed wat ons op skool gebak het. Hoop jy kom reg.

Resep geplaas deur Hannetjie Snyman

Die twee koshuisbrakkies is allesbehalwe tuis in die kombuis. Daarvan kan die eindresultaat in die Huishoudkundeklas getuig. Die goedige Juffrou Hemelbesem het die rotskoekies een proe gegee en sonder seremonie ‘n nuwe baksel aangemaak.

Enige gesoute laboratorium-assistent sou saamstem…die koshuisbrakkies het 25ml SOUT in plaas van 25 ml suiker in die oorspronklike beslag gegooi.

En nou vra jy nog hoekom ek nie graag bak nie?!

Glinster en Glans

Tyd vir Rebusfontein, my fantasiedorpie. Die een waar die goue vroue bly.

***

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

***

Rebusfontein,o Rebusfontein

Plek van heerlike samesyn!

Goue Vroue vol blink gedagtes

In huisies wat skitter so uniek om die binneplein

Oë en hare met glinster en glans

En hier en daar ‘n goue gans

Sonder ons troeteldiere -sommiges onkonvensioneel-

Raak ons relatief emosioneel

Almal kan met woorde speel

Sommiges blink uit met fiksie

Ander is beter met fantasie

Maar die oorgrote meerderheid voel tuis

Met die alledaagse!

Drie Tandartse

Sedert grendeltyd, 27 Maart 2020, het ek die dokter, apteek en verál die tandarts soos die pes vermy, maar toe val TWEE van my stopsels uit.

Tandarts toe. Hoe anders?

Dis was vreemd om die enigste pasiënt in die wagkamer te wees. Geen sprake van tydskrifte nie. Handsproei met instruksies dat jy eers jou hande moet saniteer en jou mondmasker moet dra voordat jy die toonbank mag nader.  Slegs een pasiënt per uur word toegelaat.  Afstand.

Die tandarts vra my uit oor Covid-19.Oor hoe dit my mense geaffekteer het. Ek vra toe niksvermoedend oor sý mense uit.

“Dit was die slegste Desember van my lewe…” begin hy vertel. Sy pa, ook ‘n tandarts, het afgevlieg vir die vakansie. Sy neus begin loop en toe kry hy keelseer.  Dit was die begin. Drie weke later is hy ingejaag stad toe want die platteland het nie suurstof gehad nie.

“Ek het vandag my laaste pil gedrink”,sê die tandarts. “Ek het ook keelseer gekry.  Ek was báie siek. Soveel so dat nie één van my vriende kon kom kuier nie.  Covid. Ek was te swak om my pa die trappe af te help.  My seuns moes hom help.”  Sy pa is vroeg Januarie 2021 in die hospitaal opgeneem.  Twee dae later is sy 84-jarige pa dood. Covid.

So laat ek hom sy storie vertel en staan traag op om in die stoel te gaan sit.  ‘n Jong tandarts neem my onder hande en ek wonder…moet ek met hom simpatiseer oor sy oupa se dood?

Ek besluit daarteen. Dalk huil hý na binne.