Sy leen haar ore gereeld uit vir haar Goue Vroue blog-groepie. Soveel so dat sy dié Sondagoggend besluit het om haar gehoorstukke uit die skroefblikkie te haal, splinternuwe batterye in te sit en om dit heeldag aan te hou.
Sy wil nie al hoe dower word, gefrustreerd, gespanne of geïsoleer voel nie en veràl wil sy nie in depressie verval nie…en dit alles omdat sy haar gehoorverlies verwaarloos het!
Dis dus te verstane toe sy die oggend by ontbyt aankondig, “Ek kan nou weer hoor!”
Met dié haal sy die twee warm eiers uit die eierkokertjie, gooi dit vinnig in die bord neer en kap met die vrugtemessie op haar eie kneukel.
Haar man giggel elke nou en dan.
“Waaroor lag jy?,” wil sy later ergerlik weet.
“Oor vanoggend.”
“Wat van vanoggend?”
“Onthou jy die eier?”
“Ja?”
“Ja, jy het die eier gemis…jy kon hoor, maar jy kon nie sien nie!”
Hy gooi sy lang arms om haar en nou lag die twee saam!
Lag ek sommer weer!
LikeLike
Ek hoor darem nog redelik goed, maar die oë!!!🙈🙉
LikeLike
Bifocals kan nogal bedrieglik wees…vra my kneukel😉
LikeLike
Lekker lag ek vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ek lag lekker…..as ek eers begin oor ore praat kry julle my nie stil nie!!
LikeLiked by 1 person
Dis belangrik om ingelig te wees.Ek is bly jy is so ingelig,Woordnoot.
LikeLike
My man se gehoor laat veel te wense oor en soms lag ek vir sy verkeerd hoor, maar dis frustrerend.
LikeLiked by 1 person
Ja, gelukkig kan mens iets daaraan doen.Vertel hom😉
LikeLike
Nee wat, hy skop vas soos ń muil. Geen salf te smeer nie
LikeLiked by 1 person
Dus een ding vd giue vroue. Ons hoor soms mis en siwnbsims mis maar oh jeah! Ons kan lag!!!!
LikeLiked by 1 person
Ja,seegoggatjie!!
LikeLike
Ai tog! Julle het seker nou al geleer om my tikskrif te lees. Glo my dis steeds beter as my handskrif!
LikeLike
Ha!Ha!Ja.
LikeLike
Nou waaaar was die bril? 😁
LikeLike
Op my oë!
LikeLiked by 1 person
😝😜🤓
LikeLiked by 1 person
Dalk kon ek hoor en sien,maar ek get net nagelaat om op daardie oomblik te dink😛
LikeLiked by 1 person
Dit is darem ook baie gied wat ‘n mens gekyk moet doen, as jy een vergeet kan dit wraggies nie teen jou gehou word nie.
LikeLike
Ek was oudioloog toe omdat my dogter kla ek hoor haar nie. Uitslag? Ek is toondoof op die band waarin haar stem val
LikeLiked by 1 person
Jislaaik,Appeltjie,wat brteken dit vir jou gehoorkwaliteit?!
LikeLike
Volgens my hoor ek reg. Kan nog steeds hoor of iemand vals is ens Maar as Marcelle praat, moet ek vir haar kyk
LikeLike
Oe! Dalk moet Marcelle bietjie harder praat of sterker artikuleer wanneer sy met jou praat.
LikeLike
Amper iets soos ek! Kon ook nie my geliefdes altyd hoor nie!
LikeLiked by 1 person
Regtig, my dogter se skoonpa blykbaar ook.
LikeLike
Dit is probleem is dit nie, van ouer word? Ek deel van die grappie oor die tannie wat dokter toe is. Sy laat sagte winde, onhoorbare winde, dit stink glad nie, maar dit pla haar. Sy verduidelik toe ook sommer dat sy al so paar gelaat het terwyl sy daar sit. Kan hy help? Hy het toe sinusbehandeling voorgeskryf. ‘n Rukkie later is sy weer in syspreekkamer, sy verstaan dit nie so mooi nie, dit is steeds onhoorbaar sag, maar ruik iets vreesliks. Toe sê hy: Noudat tannie wel kan ruik, kan ons aan die gehoor werk …
LikeLiked by 3 people
Jinne ja, dit kan nogal ‘n dilemma wees,né😬🤪😛
LikeLiked by 1 person
Ek toets my ore maar gereeld, hoor ek alles? En ruik ook so hier en daar aan kos en blomme. net om seker te maak nadat ek die grappie gelees het …
LikeLike
Hie!Hie!”Rather safe than sorry”.Maar jy is OK,Christa.Jy is bogemiddeld analities.👍
LikeLiked by 1 person
Hahahahaha, ek het daardie een verdien …
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person