La Motte et al

La Motte met sy porseleindakversierings – kombuisware gestring teen die betonplafon – steel letterlik (én figuurlik) die kollig(te) in die ruim eetvertrek waar Pierneef se handtekeninge op houtborde pryk; ‘n suggestie van die Pierneef-versamelwerke wat op permanente uitstalling in La Motte se kunsgalery hang.  Selfs die plaas se eie bottels wyn spog met Pierneef-etikette.  Dié wyn word 6-6 in wit verpakking uitgestal – ‘n trekpleister vir die versamelaar.
Plaaskos is kunstig in die restaurant voorberei en die kelnerin sing op haar meesleurende manier saggies “Happy Birthday” met die kenmerkende “hiep-hiep-hooray” agterna vir my beskeie pa wat nou 90 is.
Die Boland draai sy rooiwang na ons toe.  Dis April maar tóg heerlik warm op Franschhoek.  Dis Paassondag en ons volgende afspraak is op die Paarl waar die Kaapse Filharmoniese orkes en die Kaapse Operaskool Händel se Messias gaan uitvoer.

Vroegaand in die Paarl.

Pa se 90ste viering verdien ‘n staande ovasie!

11 thoughts on “La Motte et al

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s