Die Goue Vroue Hou Vakansie

Die Goue Vroue is ń groepie bloggers wat saam aan spesiale stories skryf. Indien jy mettertyd al die skrywes saam wil lees, en wil uitvind hoe die Goue Vroue beland waar hulle nou is, gaan loer in op die link:https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d


Die Noordpool se koue is die lààste ding wat die Goue Vroue nou nodig het.  Hulle het Lorenzo en Camilla se uitnodiging om op hulle seiljag,die GOLDEN DREAM,te seil sonder om twee keer te dink aanvaar.  En nou? Nou sit hulle in die Noordpool nadat Seegogga amper hulle hand in die as geslaan het met ‘n verdoriese strykyster wat verbasend baie soos Lorenzo se seiljag lyk en dan hang die swaard van die seekoning, Poseidon boon-op oor hulle kop omdat sy seun,Triton groener weivelde op aarde gaan soek het en dit terwyl daar ten minste drie hubare seenimfe oor hom baklei!

Maar eers die koue…die Goue Vroue sit met hulle hande in hulle (grys) hare.  Die son wil nie eens teen middernag hier in die Noordpool sak nie en daar is nou niks soos ‘n ‘sundownertjie’ wat hulle temperatuur kan opjaag nie.

Camilla en Lorenzo laat hulle nie van stryk bring nie   Lorenzo pak ‘n smeulende kaggelvuur in die salon aan en Camilla dra gluwein aan.  Virgo-C kom tot almal se redding met ‘n konkoksie van multi-proppe sodat die Goues hulle elektriese komberse (ja, élke kajuit het een!) kan inprop.

Noudat die breinselle ontdooi onthou hulle van Triton.  Dié man is dan half-vis, merk Hannelie droogweg op.  Dis tyd dat hy die stof uit sy skubbe skud en terug kom see toe.

En nou gaan Antoinette hierdie storie tot groter dieptes vat…

13 thoughts on “Die Goue Vroue Hou Vakansie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s