Die Koevert

Sy klou krampagtig vas aan die verlede
en in haar dringende soeke na iets daarvan vind sy iets van elkeen wat sy in haar ervaringswêreld oproep.
Dis die rede vir haar volgehoue korrespondensie met sy nasate; tog net nog so ‘n ietsie van hom, pleit die stem hier in haar binneste.
Vreemd om haar so te sien.
So afhanklik van die eggo’s van sy wese.
Het hy haar nie genoeg gekasty
die kort rukkie wat by wél deel was van haar lewe nie?
Die huwelik wat nooit sou gebeur nie.
Vir haar geen man, geen kind nie.
Net die voortslepende herinneringe
Die kwetsende woorde
Die onbetrokkenheid
Dít het sy diep in haar geheuebank begrawe
Vir haar is dit net die hier, die nou en net die mooi van wat sy van hom kan onthou.
Die verseelde koevert wat hy vir haar nagelaat het, dít koester sy
“Wie sou kon droom hy was al die jare nog so lief vir my?”, prewel sy.

Photo by John-Mark Smith on Pexels.com

5 thoughts on “Die Koevert

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s