Ons is ń groep vroue, die goue vroue, elkeen van ons het ń stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ń huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg ons volgende verhaal op die onderstaande link.
https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344
Die GV geniet die mooi plekke in die Boland, die kosse, die wyn en die musikale samesyn. Dis op hierdie laaste noot wat die Boytjie van Brackenfell, Pedro Kruger, ter sprake kom. Hy het dit flou gekap op Franschhoek se wynroete en toe ons hoor sy volgende optrede is in die Overberg, bied ons hom ‘n geleentheid aan. Hy moet eenvoudig saam in ons pers blommetjies dubbeldekker bus Bredasdorp toe. Hy is die gaskunstenaar van die dorp se Oesfees en almal van ons het besluit dis presies waar ons ook wil wees.
Om alles te kroon is Pedro ook mal oor blomme…só mal, hy éét dit!
Ons eet ook blomme! Ons eet kappertjies en gesiggies en, herinner Kameel ons, toe ons onlangs by Camilla se troue in Italië was het ons pampoenblomme gestop met mozarella kaas en ansjovis, diep gebraai in ‘n bierbeslag opgedien met tamatie- en basiliekruidpesto geleer eet. (Toevallig ook Pedro se gunstelinggereg). Wat méér is, Pedro is ‘n storieverteller van formaat!
Die haarnaaldboog teen Franschhoekpas was ‘n vulletjie teen die klim Andorra toe. Dààr het ons ook al getoer.
Na die goeie reëns moes ons net keer dat ons pers bus waterblommetjies op die Theewaterskloofdam agter laat.
Una het haar voorskoot iewers opgediep en haar soepel lyf kelnerin gehou terwyl Virgo-C pilletjies al langs die gangetjies in die bus uitgedeel het. Nie almal van ons is beleë wynproeërs nie. Jackie, met haar agtergrondskennis van wyn en medisyne het ook raad uitgedeel vir die dowwe geklop in die kop, die hol kol op die maag en oe! die draaie wat met mens se kop smokkel.
Positief wou elke verdwaalde skapie oor die heinings langs die pad optel, Tannie Frannie moes mooi praat om haar te oortuig hoe gevaarlik dit is om op die N2 te stop en San het digterlik geraak oor die bale op die koringlande.
Ora het Boontjieskraal se hartseer verhaal vertel en Trommeltjies wou terstond gaan hallo sê vir haar kunsvriendin op Napier.
Intussen het elkeen wat ‘n stem het by Pedro met sy trekklavier ingeval en gesing van Rietfontein se leidam ( EkMySelff het per abuis elke keer ‘Randfontein’ gesing!) en my Sarie Marais en sommer ook van die trane die rol oor jóú Bokkie.
Christa het tee uit Kazakstan aangemaak en daarna was dit slegs die tee wat getrek was!
Sonéll het Pedro aangepor om sy vingers ‘n blaaskansie te gee sodat hy meer van sy stories kan vertel en Pedro, Toortsie, Appeltjie, Seegogga en Aalsie het al die pad vir ‘n gesonde wisselwerking tussen musiek en liriek gesorg.
Genoeg beeldmateriaal is op kamera vasgelê sodat Perdebytjie en Christa ‘n “comic strip” kan saamflans. (Woordnoot sal moet sorg vir gepaste byskrifte asb).
Ons parmantige pers bus het die riel gedans deur die deinings van Caledon, ‘n briekdans op Napier uitgevoer en laastens met ‘n swierige tango Langstraat op Bredasdorp inbeweeg en ons het ons oë begin skil vir Audrey Blignault se ouerhuis.
Ons het vir Pedro met groot gejuig aan die Landbouvroue oorgegee en gaan slaapplek soek by die “Earl of Clarendon” want die dorpstuin daar is só mooi, selfs ons pers wiele, vol in die blom, sal tuis wees.
Appeltjie, sal jy verder skryf asb?
Ek wonder watter soort tee het ek gemaak, want ek is baie suinig met my Kaz tee. Gee nie sommer daarvan uit nie en maak ook nie sommer vir ander mense daarvan nie. Dit moet hou om my aan ‘n wonderlike ervaring met tee te herinner.
LikeLike
Christa, soveel te meer dankie vir die tee wat jy met Toortsie saam gestuur het.XXX
LikeLiked by 1 person
Dit was heerlik om jou met ‘n aandenking te bederf.
LikeLike
Pragtige plekke.
Italië het met my kop gesmokkel as ek weet wat ons op Camilla se troue geeët het. Ek ken net van krummelpap. 😂😂😂😂
LikeLike
Kameel! Krummelpap laat my kleintongetjie kriewel! Stywe-en slappap is vir my koningskos!
LikeLiked by 1 person
Ooooo nee krummelpap met ‘n lekker sous. Het al gehoor Kapenaars eet nie stywepap nie…. weet nie hoe waar dit is nie.
LikeLiked by 1 person
Dis sommer ‘n storie! Ek is darem 50-50 Kaaps-Transvaals maar my “chars” hier indie Wes-Kaap geniet almal hulle mieliepap. Die Suid-Westers eet nét so graag mieliepap. “Stywe pap,slappe pap,ons eet almal MIELIEPAP!”
LikeLiked by 1 person
Byskrifte….mmmm. Sal bietjie peins daaroor. Dit moet niks afbreuk doen aan die lekker vertelling nie.😘
LikeLiked by 1 person
Lekker ry ons op die parmantige pers bus. Die Overberg is wonderskoon in die winter. Mooi deel van onse land. Hier gaan baie gesing word op die toer, noot vas of nie, gewyn of nie, ons gaan sing.
LikeLiked by 1 person
Hoor!Hoor!
Die persbuskoor
Het hulle inhibisies op
Franchhoek klaar verloor!!
LikeLiked by 2 people
Jou blog is nog nie gelink op inlinkz nieSent from my Galaxy
LikeLike
Dankie Trommeltjies.Ek link dit gou!
LikeLike
Ooooooo, lekker kuier en ry ons op die perse bus Aalsie. Mens voel jy sien die plekke voor jou🌻🌻
LikeLike
Ja,Virgo-C en wie is ons mees onlangse toeris? JY!
LikeLike
😂😂😂👍👍👍👍
LikeLike
Dit het so lekker gelees, ek was skoon spyt toe dit klaar is. Die bus lyk interessant.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Christa!
LikeLiked by 1 person
Aalsie! jy het jouself oortref! Janee, nie almal us gewoond aan die grootste tydverdryf hier onder nie: wynproe! ( en waterblommertjies, en bergpasse). Maar as jy sê dus net die tee wat getrek is, is ons baie gewillig om jou te glo! O baie lekker op hierdie pers bus!
LikeLiked by 3 people
Ja,ons storie kry lekker momentum!
LikeLiked by 1 person
Aalsie, wat ń besonderse rit! Jy het ons lieflike plekke gaan wys! Ag, en daar kry ek toe kans om my Springbok voorskoot te dra!💃
LikeLike
Jy sien mos!:-D
LikeLike
Sjoe, jy het omtrent die overberg platgery. Dis darem maar mooi in die winter
LikeLiked by 2 people
Jip.Nou sien ek uit na jóú storie,Appeltjie!
LikeLiked by 1 person
Aalsie! Onverbeterlik! Verruklik! Bravo! Ag ons toer so lekker saam!
LikeLiked by 3 people
Ek hoop ons laai Boytjie weer op.Boytjie is ‘n “bargain”!
LikeLiked by 1 person
Asseblief! Boytjie moet verder saam met ons ry as sy konsert klaar is.
LikeLike