Gingham

Pa het haar altyd Daleen genoem maar sy was eintlik ‘n Kaapse Dalene.  Kom uit Riebeeck-Wes se wêreld.  Vrééslik netjies.  Nie ‘n haartjie uit sy plek nie en die mooiste hande.

Sy het ‘n fyn sin vir humor gehad, kon alles haarfyn onthou en was lief vir jongmense.  Nou moet ek byvoeg, jongmense was lief vir hààr ook.

Maar sy kon gladnie ‘n stout kind verdra nie.  Gladnie.

Ons was seker so vyf jaar oud toe ons glo in die kar baklei het oor ‘n roomys.  Soveel so dat sy nét daar die kar gestop het en in duidelike terme vir ons laat verstaan het dat, as ons nie onmiddellik ophou kerm nie, sy ons boude sal klop.  As jong dogtertjies het ons ‘n heilige vrees vir haar gehad.

Dis aan hulle tafel wat ons die eerste maal graankos geëet het.  Waar ons ook die eerste keer van Bokomo gehoor het en waar ons plaasbotter leer eet het.

Later jare, toe sy ‘n weduwee was, het sy gereeld kom kuier.  Ons was toe gladnie meer bang vir haar nie.  Gladnie.

Ons het saam handwerk gedoen, saam ‘n slaai aanmekaar geslaan en saam ge-oe en ge-a oor die vars reuk van Gingham reukwater.

Ek het haar vroeg in die jaar uit die bloute gebel.  Sy was opvallend bly om van my te hoor.  En vandag het ek haar nommer uitgevee.

Ek sal haar altyd onthou as Tannie Dalene wat na vars Gingham geruik het, wat so maklik kon lag en wie se blikkieskos almal vorentoe gekyk het!

11 thoughts on “Gingham

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s