As ek die keuse het, luister ek in ‘n keurige ou strandhuis met ‘n asem-wegslaan-uitsig oor die Atlantiese oseaan na ‘n boekekenner wat met diepe insig Edith Eger se internasionale wenner,The Choice, uitlê.
Wat ‘n voorreg om saam met Bredasdorp Leeskring by Z die bevestiging van die veerkragtigheid van die mens te kry. So bewys die post-traumatiese spesialis, Eger wat in Job 32 : 8 en ook deur die plaaslike skrywer, Audrey Blignault, gesê is. “Dis die gees in die mens wat hom insig gee.”
Veerkragtigheid, in ‘n neutedop, is om op te staan en aan te hou en aan te hou.
Hierdie skrywer was ‘n Hongaarse Jodin wat Auschwitz se konsentrasiekamp oorleef het. Sy het telkens teruggedink aan haar ma se woorde, “Just remember no one can take away from you what you have put in your own mind.” Hierdie uitgangspunt stem ooreen met dié van haar mentor in latere jare, Victor Frankl.
Edith Eger het gekies om haar traumatiese ervaring in haar post-traumatiese stresberading te benut.
‘n Mens moet tot die punt kom om te vergewe.
Haar slotsom is: “Time does not heal, it is what you do with time.”
Edith Eger woon in Californië, sy is in haar 90’s en deel haar teorie oor KEUSE steeds met groot gehore.
Soos een leeskringlid agterna sê: “Dankie Z, vir jou bespreking! Weereens besef die mens is baie sterker as wat ons dink. Sy het soos die Feniks weer uit al die seer en vernedering herrys soveel sterker en wyser!! 🙏❤️🙏”
Dit het my baie lank gevat om te besef vergifnis gaan oor jouself, om jouself permissie gee om aan te gaan, te groei, aan te beweeg.
LikeLike
Ek het self ook dit belewe in my lewe. Vergewe maak mens vry maar vergeet gaan nie regtig verby nie. Daar is altyd oomblikke van terugdink. Dan kom vrede daarmee saam omdat daar berusting is en vergewing.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, ek stem.
LikeLiked by 1 person
Na my gesprek met ń kennis gister, was dit goed om hierdie stuk van jou te lees. As die Jodin kon vergewe is daar defnitief hoop vir my vriendin, al kry my kop dit nie ‘gedink’ nie.
LikeLiked by 1 person
My ervaring is as jy nie vergewe nie maak die wrok in jou binneste van jou ‘n onvergenoegde – selfs verwronge! -mens (en die ander persoon gaan ongeskonde aan met die lewe). As mens kan vergewe doen jy jou eie gees ‘n guns.
LikeLike