2009:Ou Liefde Roes Nooit

<<On ne jamais oublier son première amour.>>

(Ou liefde roes nooit.)

Saterdagoggende geniet ek “Derrick” se nostalgiese musiekprogram.  Musiek sê baie van mense.  Musiek maak diep herinneringe wakker.

So was daar my nagedagtenis aan Carel…my eerste liefde.

Hy het my die aand in Pretoria se skouligte gevra om sy meisie te wees.  Dit was koud.  25 Julie 1974.  Ons het styf teen mekaar op ’n bankie gaan sit en hy het sy St Christopher van sy nek afgehaal en om my nek vasgemaak.  Die liedjie wat oor die luidsprekers gepeel het, was Captain and Teneel se weergawe van “Stand by Me”.  Ons was in standerd nege.

Die volgende intense herinnering is twee jaar later, ’n Sondagaand, toe ons verhouding tydelik “uit” was en my kamermaat huistoe was (ons was destyds saam op skool).  Sy het my nuwe wit trui aangehad wat ek heel naweek in ons koshuiskamer gesoek het en my ewe vermakerig meegedeel dat Carel haar Johannesburg toe gebring het.  Die hartseer lied “Feelings” het soos vir ’n ewigheid in die agtergrond gespeel.

Caberet

Tiddledee tiddledee dee two ladies!  Hy het die musiek van sy swaer afge-“tape”.  Die musiekblyspel “Caberet” het my heelpad aan die sing gehad.  Dit was my eerste musiek assosiasie met Francois.

Dan was daar die stadium wat ons vir die Kerssangdiens geoefen het.  Charl, ons eersteling, het tjoepstil in sy sagte pienk gingham babadrasak gelê en koer terwyl ons koor geoefen het.  Ek alt en Francois tenoor.  Juffrou van Brakel, ’n musikale oujongnooi, het ons afgerig.  Ons het onder andere die lied oor Kersfeesklokke gesing.

Don’t Break My Heart, My Achy Breaky Heart!

Dit was Piet se lied.  Ons het danslesse geneem net voor die jaareindfunksies sou aanbreek en die prominente ritme van Achy Breaky Heart was ’n wenner.  Daardie jaar het ons nie ’n dans uitgesit nie.

And then I went and Spoil it all by Saying Something Stupid like “I Love You”.

Dit was Danie.  Ou nostalgie.  My rympiesman wat graag met sy groot letters rympies maak vir elke geleentheid.  Hy wat, ten aanskoue van al my kollegas, op sy toeter lê om my aandag te trek omdat die karradio “Something Stupid”…ons lied speel.  En, anders as die Robbie Williams weergawe was dit hierdie keer Nianel en Dozi!

6 thoughts on “2009:Ou Liefde Roes Nooit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s