2009:Nat Sement

Photo by Anete Lusina on Pexels.com

                                                      

“Dit lyk my julle hou albei van die reuk van nat sement”, het die bouplanontwerper tergend opgemerk.  Ook nie verbasend nie.  Dit is maklik die tiende aanbouing wat sy hanteer!

Eers was daar die kaggel wat ingebou is en die stoep wat toegebou is.  Wat ‘n reuse verandering.  Dit het beteken gesellige winteraande voor ‘n kaggelvuurtjie en ‘n ekstra vertrek wat op daardie stadium die antieke ovaal eetkamertafeltjie met sy vier uitgekerfde stoele gehuisves het.

Die volgende versoek was  om ‘n hout mezzanine vloer in te sit bo die trap sodat ons ons rekenaar daar kan bewerk.  Hiermee tesame het ons die badkamer laat verander om ‘n  stort ook te akkommodeer.

Daarna is besluit om ‘n paar vertrekke in ‘n woonstel te omskep.  Mure is toegebou en ‘n deur is ingesit, maar die inbou van die toilet het nog nie gerealiseer nie.  (Ook maar gelukkig nie anders was die riooluitleg ‘n struikelblok vir die nuutste plan!)

Van die woonstel verhuurdery het niks gekom nie, want intussen het ek die mal perd opgesaal om met ‘n wewenaar met twee tiener seuns te trou.  Dit het beteken dat die “woonstel” weer van sy binnemure moes afsien om deel te word van die groter huis.  Dit het ook beteken dat ‘n splinternuwe en suite slaapkamer aangebou moes word sodat die bruidspaar slaapplpek sal hê!

Nadat van die toilet onder die trap ‘n deurgang na die voorste bedding gemaak is, is ‘n slaapkamer met twee dubbeldeure en houthortjies na buite aangebou.  Asof dit nie genoeg is nie, is die onderste gedeelte van die bestaande lang kombuis afgekamp om ‘n halwe badkamer, kompleet met toilet, wasbak en stort te vorm.  Die bruidspaar kon nou deur ‘n aantrekkamer na hulle nuwe badkamer beweeg, deur die verbindingsgangetjie onder die trap na die hoofhuis gaan en der die dubbeldeure aan die vooraansig van die huis, na buite beweeg.  ‘n Hele evolusie!

Die kleinste kamertjie het ook ‘n metamorfose ondergaan met vensters en deure wat verskuif en ekstra ingebou is.  Iewers in ‘n rak lê die plan om vir die boonste stoep ‘n permanente dak op te sit, maar dit het nog nie gerealiseer nie.

Mettertyd het ‘n verdere praktiese probleempie opgeduik.  Die ovaal eetkamertafeltjie wat met gemak vier mense kon akkommodeer, het maar gekreun met ses en meer.  Ons moes eenvoudig ‘n groter tafel en ‘n groter spasie bewerk vir die groot gesin.  Gevolglik is die bestaande eetkamer met ongeveer een meter na buite uitgebou en haal almal geriefliker asem!

Die volgende praktiese aanbouing was ‘n heuningkamer langs die twee motorhuise.  Op die oog af lyk dit na drie doodgewone motorhuise, maar in werklikheid is die nuutste een ‘n toegeruste heuningkamer met die oorskt kombuiskaste, ‘n wasbak, mikrogolf en vrieskas daarin.  Selfs die vloer is geteël.  Daar word met groot ywer heuning uitgeswaai.

Die nuutste droom is ‘n onderdak swembad vir water aerobic lesse.  Maar waar om die swembad te bou, is die groot vraag.  Die eerste gedagte was in die voortuin.  Toe later onder die sydakkie.  En nou, nadat ons die plan ontvang het, lyk dit tog asof die voortuin die praktiese opsie sal wees!

3 thoughts on “2009:Nat Sement

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s