REBUS se Goue Vroue se Kersdag

Deel van Una se Rebusstorielyn…https://wp.me/p7RPjY-6vf

Towergoud en Sprinkelstafies, selektiewe disse en skouspelagtige décor, opruiende speletjies en stapeltjies brood,hierdie Kersfees gaan ons goud en groot.

Die eerste goudstaaf sleep Seegogga met ‘n aak nader…wat ‘n blink gedagte want hier kom Kerfie, ons Kersvader.

Una en Woordnoot staar verstom want 6 elke kom aangestorm.Reguit kerstafel toe waar die glintergoud op die kalkoen glim terwyl die gevleulde troeteldiere senuweeagtig terug in hulle hokke klim.

Maar die bokke kry toe snuf in die neus en maak ‘n u-draai in Sonéll se koers want dié speel bok-bok-staan-styf en nou soek almal na die aantal vingers op hul lyf.

Scrapy hou die spulletjie van ‘n afstand dop en Aalsie krap nou lelik kop.Wanneer gaan sy ooit weer rustige samehorigheid kry? Seker wanneer die perde horings kry?

Appeltjie en Faye,die feetjie,kom tot haar redding.Hulle kan mos plannetjies maak.  ‘n Tannie- Frannie- Panini, Toortsie se Frangelico en Positief se klassieke vioolmusiek van Paganini en daar verander die pandamonium in ‘n nagmaalagtige sanatorium.

Christa ruk gou die Kerstafel reg en daar staan 2020 op sy kop met goue stemme om die ronde tafel. Stille nag en heilig daarby…dis nou totdat Trommeltjie die sjampanjeglase uitdeel en Virgo sjampanjeproppe skiet.

Vergete is die ou pandemie.Nou seëvier ‘n nuwe chemie.

7 thoughts on “REBUS se Goue Vroue se Kersdag

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s