Groen Wolkombersie

http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

Dis lente! Die drie woelwaters, Ouma se oudste,middelste en kleinste, het handevol veld blommetjies gaan pluk en nou lê dit uitgepak in ‘n krom ry op die groen wolkombersie.  Dit lyk nes veldblommetjies wat op groen gras in plaas van in die weskus se wit sand groei.
Daar is reënblommetjies, poprosies, bokbaaivygies, blou koringblommetjies, trekkertjies, ‘n aalwyn, ‘n wilde blomkool en geeloogsurings.
“Het julle al geeloogsurings geproe?
Aha!Nés ek gedink het! Proe enetjie dan sê julle vir my hoe dit smaak.  Moenie die blommetjie eet nie, eet die groen stingel.
Lekker suur,né.”
Gelukkig hoef die kleingoed nie die wilde blomkool te proe nie. ‘n Mens eet nie wilde plante as jy nie eers by grootmense gehoor het of jy mag nie. Daar is plante wat giftig is vir ‘n mens!

“Kom ons gaan sit nou eers al hierdie blommetjies in water dan kyk ons hoe lyk hulle môre oggend.”

6 thoughts on “Groen Wolkombersie

  1. Pingback: Boompies vir Rebusfontein – toortsie.com

  2. Pingback: Toe staan Toortsie se kop stil – toortsie.com

Leave a comment