http://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c
Ouma se kleingoed bondel saam onder hulle groen wolkombersie. Die reën raas op die dak en stroom teen die vensterruite af. Dit reën al sewe dae lank en buite op die stoep lê ‘n groot plas water. Ouma vertel van die reënwolke wat skud van die lag vir elke grap wat vertel word. Soms dreun die donderweer en dan lag hulle dat die trane oor hulle wolwange rol. Die reëndruppels is die wolke se trane. Groot wolke se groot trane val ver en versprei wyd in traandruppeltjies wat soos ‘n gieter se water uitval en dán op die dak,dán teen die ruite, dán op die grond val. As hulle eers op die stoep land, maak hulle eers ‘n klein plaskringetjie maar hoe meer druppels in die sirkel dans hoe groter word die waterkring. Wanneer die blou hemel gryswit oortrek is van reënwolke, val daar so baie reën op die aarde dat daar rivierstroompies vorm. Die vissies in die rivier is baie lief vir die vars reëndruppels want as daar baie reën val blaas die vissies meer vars lugborrels en kan hulle lekkerder in die rivierstroom swem. Die damme klap hande as die riviere aangeloop kom want dan het hulle ook meer water en kan die sluise by die damwater oopgetrek word en water deur die sluise vloei en verder versprei tot waar mens en dier en plaaslanderye die water kan opsuig en drink. Vanaand as julle ogies toeval kan julle lekker droom van elke druppeltjie wat op die dakke, teen die ruite, in die tuine, in die waterpoele, in die riviere en in die damme dans en lag en speel en baljaar want water gee lewe.
Dankie,Trommeltjies!
LikeLike
So lekker vertel, hou van sulke praktiese vertellings wat werk met die kleingoed.
LikeLike
Ek het vir my dogtertjie gesê dis die Here se tromme as donderweer slaan.
LikeLiked by 1 person
Mooi gedagte.
LikeLike
Water gee lewe. Mooi vertel van die druppels. Gaan dit vir my kleinkind vertel as dit weer reën.(wat goed moontlik more sal wees)
LikeLiked by 1 person
Aha,die enetjie met jou reënjas aan!
LikeLike
Dis sy ja. Sy was juis vanoggend weer ongelukkig met wat sy moet aantrek. Trane loop, toe vertel ek van die wolke se trane wat die aarde natmaak . Ook wolke se lagtreane omdat hul bly is oor die water vir die aarde. Sy’t sommer opgehou met huil.
LikeLiked by 1 person
Dit het gewerk!
LikeLike
Beslis. Gaan nou byvoeg van donderwolke ook as sy so bewolk is.
LikeLiked by 1 person
Pingback: Errie die erdwurm – toortsie.com