Dresden:Verlore?

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Die towerinne het agtergekom daar is heelwat goud in oud-Oos-Duitsland en daarom het hulle besluit om die goue vroue saam te neem Dresden toe.Hulle sou verseker skitter as hulle al die domkerke en goue standbeelde en veral die Vrouekerk sien!
Maar eers die verlore baadjie.(Aalsie s’n.)
Openbare vervoer vier hooggety in Europa en instruksies moet stiptelik gevolg word anders is jy jou rit kwyt. Aalsie mag nouwel soms loskop wees maar as oud-Vlootoffisier, is sy sterk op instruksies.
Toe daar by die roltrap oppad stasieplatform toe staan ‘ geen trollies verby hierdie punt nie’, het sy net haar tas op wiele gevat en beweeg…net om in die trein te besef sy het haar baadjie (dieselfde ene wat sy in Montpelier gedra het) op die trollie bo die roltrap by die stasie vergeet het!
Dit kos die dames by die eerste die beste buitelugwinkel stop en ‘n lieflike reënbaadjie (vlootblou met ‘n rooi voering) te koop. Christa was so mal oor die snit dat sy op die koop toe óók een aangeskaf het.
Toortsie het haar sakrekenaar gevat en alles in rande omgereken en Appeltjie kry nou nog ‘n kol op die maag as sy aan die bedrag dink.En dít vir ‘n reënbaadjie!
Una troos en knipoog vir die twee wat so spandabelrig is. Wie wil nou natreën?
Kameel pyl reguit op die naaste worssmouskarretjie af en verlustig haar aan die Duitse wors.
Frannie slaan die enkele welgeklede Duitser met goedkeuring gade en Seegogga kan nie verstaan hoekom die mense hulle kunstalent op graffiti en tatoes mors nie.
Perdeby wat Duits verstaan vra Scrapy om te help as die res begin kos bestel.
Virgo-C en Kameel beduie eenvoudig wat hulle wil eet en Sonell bloos bloedrooi vir al die gebare.
Woordnoot verstom egter almal.Sy gesels land en sand met die Duitse dame in die vrouekerk. Nou toe nou!
Die res staan hulle en verstom aan die pragtige gerestoureerde kerk.
Built in the 18th century, the church was destroyed in the bombing of Dresden during World War II. The remaining ruins were left for 50 years as a war memorial, following decisions of local East German leaders. The church was rebuilt after the reunification of Germany, starting in 1994. The reconstruction of its exterior was completed in 2004, and the interior in 2005. The church was reconsecrated on 30 October 2005 with festive services lasting through the Protestant observance of Reformation Day on 31 October. The surrounding Neumarkt square with its many valuable baroque buildings was also reconstructed in 2004.(Wikipedia).
Dis moeilik om te glo dat die kerk – en die grootste gedeelte van Dresden – in die Tweede Wêreldoorlog platgeskiet is.
Die goue vroue vergaap hulle aan die goue koepels van die ou geboue. Daar is ook goue torinkies en goue beelde van volkshelde op perde.
Maar die mooiste van alles was die goue stemme wat onder die duikweg opgeklink het…drie operastudente vind ons later uit.Twee mans en ‘n meisie met ‘n cd wat die klassieke begeleiding verskaf. Daar is ‘n operaskool in Dresden.
Daar is héélwat intellektuele instansies.
Daar is ook ‘n marionettemuseum!
Dresden het stadig maar seker weer sy ou glorie herwin.
Die twee dae in Dresden het té gou verby gegaan.
Terug by die stasie het Positief die goue gedagte gekry dat Aalsie by die verlore goedere moet gaan vra of hulle nie haar perskekleur baadjie ingegee het nie…en sowaar! Daar kry sy haar baadjie.(Natuurlik teen ‘n geringe bedraggie). Wat ‘n blye dag.

6 thoughts on “Dresden:Verlore?

  1. Pingback: As ‘n yskoningin liefde kry – toortsie.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s