Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6.
Aalsie staan magteloos, haar voete gee goue spatsels af oral waar sy trap.
Almal sal weet dit was sy! Sy wil nie graag Toortsie se mooi woorde oor haar verydel nie.
En toe kry sy ‘n blink gedagte…wat as almal ondergronds gaan? As niemand op die aarde trap nie? As die dierehemel die speelpark word van al die goue vroue?
Dan sal niemand haar voetspore raaksien nie. Almal sal te vrolik wees om almal daaronder te groet. Sy kyk vlugtig op haar goue kompas.Al die Goue Vroue sit saam met die koningin (wat besig is om ‘n gesonde blos en blink oë te ontwikkel onder Toortsie se wakende oog).Al die ondergrondse diere sit vrolik saam aan ‘n lang tafel vol blommetjieskosse. Dis ‘n kleurvolle kappertjieslaai, waterblommetjies vir hoofgereg, Christa se dennebolletee in Appeltjie se blommetjieskoppies en Laventelkoekies vars uit Frannie se kombuis. Wat ‘n hemelse fees!
Aalsie sien al vyf haar honde in die hondehemel. Hulle kom oop en toe met waaiende sterte aangesweef en lek haar om die beurt om vir oulaas dankie te sê. Die Goue Vroue verlustig hulle in die hereniging met hulle vergange troeteldiere. Dis witrotte met veertien kleintjies, sywurms met ‘n moerbeiblaar in die bek, goudvissies wat sonder water floreer en selfs ‘n marmot en sewe katte.
Almal wat lief en dierbaar is.Seegogga vertroetel ‘n krap en Scrapy neem een foto na die ander.Woordnoot begin sommer op ‘n servet ‘n ballade oor die euforiese aangeleentheid skryf. Positief en Perdebytjie koukus oor watter Goue Vrou die meeste na hulle troeteldier lyk en toe hulle hoor tjie-tjie-tjie wou sy ook weet waaroor hulle so onderlangs praat. ‘n Goue Vrou wat graag anoniem wil bly sê toe vir hulle, “maar dis mos voor-die-hand-liggend.Dis die ene met die marmot!” Una knipoog en sê sag, “Dít kon ek julle ook gesê het!” Kameel bars uit van die lag…sy kan liplees.
Aalsie wink vir die res van die goue vroue wat almal die hemelse vreugde van ‘kyk weer’ ervaar.
Dis tyd om terug te gaan na daar waar hulle nog ‘n verskil kan maak. Die aarde wink.
Teen dié tyd is die voetspore weggereën. Niemand sal agterkom dis sý wat die briewe in die rooi skewebek asdrom gepos het nie.
Sy kyk op na die horlosie, maar iets is fout. Het die tyd gaan stilstaan? Virgo kry snuf in die neus.
Appeltjie draai haar kop skeef en bekyk die kort-en langvinger van die horlosie. As daar nou iemand is wat met vingers kan toor is dit Appeltjie. Sy draai haar jong probleempies een vir een om haar pinkie. Appeltjie sal hierdie probleemhorlosie kort voor lank ontrafel.
Hoe lyk dit,Appeltjie? Jý is mos ons goue vrou met die GOUE VINGERS! (Terloops, ons hou jou ringvinger met groot afwagting dop).
Sal jy ons verder vertel wat gebeur het,asseblieftog ou Appeltjie man?
My arms is vol diere nou, daar is ek weet nie hoeveel ‘Moettshie katte, perde, makoue, hoenders, en my ous seuntjie Misha. Ousus, ons druk omtrent. Stunning geskryf Letty-Anne
LikeLike
Baie dankie,Virgo-C.
LikeLike
Kieter! Ek het my Kieter weer kon vashou! En vryf, en vertel hoe lief ek vir haar is. Afsluiting, dit was nodig, dankie Aalsie. Nou gaan ek gou loer wat Appeltjie vertel..
LikeLiked by 1 person
So bly jy het haar weer geniet. Jy gaan Appeltjie se storie ook geniet!
LikeLike
Ouik geskryf.. daardie goue vingers is besonders!
LikeLiked by 1 person
Dankie,Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Julle, ek lees nog al die pad alte lekker! Gits, die storie gaan kophou verg. Ek geniet die denneboltee wat ook ingekom het.
LikeLiked by 2 people
Stadig maar seker leer ek my karakters ken,Christa.
LikeLiked by 2 people
Jong, ek sukkel.
LikeLike
Hoe meer effektief die sosio-interaksie is, hoe meer effektief raak ons raakvlakke. Ek het jou LitNet skakel na Joanie gestuur.(M.A.Opv Sielk).Sy begin nou met afstandsonderrig en het jou navorsing baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Letty-Anne, ek waardeer dit so baie om dit te hoor.
LikeLiked by 1 person
Interessant hoe interverweef die studierigtings is,né.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit baie.
LikeLiked by 1 person
Toe ek jonk was het ek katte gehad, nou net honde, so al my katte het om my voete gedraai en gespin kliphard. Wat ‘n wonderlike wending en Appeltjie met haar goue vingers? Hoop nie sy gaan soos daai koning hoe-se-naam alles in goud verander nie
LikeLiked by 2 people
Jong,Appeltjie is altyd vol idees.Dalk betower sy die koningin met haar mooi orrelmusiek en ervaar die diere ook iets van ons hemel.Ek verbeel my ek het daaronder iewers ‘n waterorrel gewaar.
LikeLiked by 1 person
Ja, sy het as dogtertjie al die skollied in die saal op die klavier gespeel,maar jý ook,Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Goue vingers wat die orrel engelagtig bespeel.
LikeLiked by 1 person
Hier is nou vir jou ‘n nuwe wending!
LikeLike
Dit het kopkrap gekos!
LikeLiked by 2 people
Oulik
LikeLiked by 1 person