Lanterns in Towerinstraat

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se Rebusfontein avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/share/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1

ook te sien by

n skakel verbind.Hier is dit:https://lekkervurigeaffere.blog/en/?p=12424/

Towerinstraat se huislanterns gaan een na die ander aan.
Vuurvliegie het die straat goed opgesom: “owerinstraat is ‘n lang straat met baie huisies wat nog bewoon kan word.• Hester (Sintester), leier en breinbreier (Nommer 1 Towerinstraat)
• Una Bali, ons groot omgee maat en reisiger van formaat (Nommer 2 Towerinstraat)
• Scrapy, ons ver-vriendin, ouma van formaat, skeppende siel (Nommer 3 Towerinstraat)
• Kameel, ons lesende maat met baie talente veral as Camilla ons harte steel (Nommer 4 Towerinstraat)
• Toortsie, warrelwindbesige banter, singer, skrywer en eintlik alles (Nommer 5 Towerinstraat).
• Perdebytjie wat mooi met haar kameralens zoem en lief is vir die natuur (Nommer 6 Towerinstraat)
• Tannie Frannie mooi en vol grasie, lief vir boeke en broodjies met spasie (Nommer 7 Towerinstraat)
• Positief met haar minoraskerpte het ons almal baie lief (Nommer 8 Towerinstraat)
• VirgoC, doen graag voluit en laggend mee al die pad van oorsee (Nommer 9 Towerinstraat)
• Seegogga van min maar skerp woorde, verras ons uit alle oorde (Nommer 10 Towerinstraat)
• Bondels vol mooi en pretgedagtes en ook nuut op ons (bus) boot (Nommer 11 Towerinstraat)
• Trommeltjies ons stil vriendin, maar maak net eers daai kissie oop (Nommer 12 Towerinstraat)
• Woordnoot, sprak nie vir haar man ‘n woord van haar reis en wat sy ons laat beleef nie (Nommer 13 Towerinstraat)
• En ekke, as Lekkervurig begin, nou bekend as Vuurvliegie bly in Nommer 14 Towerinstraat
• Die huisies van nommer 15 verder, wag geduldig vir intrekkers. Sonell, en al die ander Bloglanders – ons wag om te hoor wie trek waar in!”
• Appeltjie,ons musikale juffrou van Grabouw (met Neef aan tou), mik vir nommer 16, maar as dit klaar toegeken is gaan sy no 17 vat. Oeee,nee,Christa is nommer 17. Appeltjie, lyk my jy sal nóg verder van die boom miet rol!

Aalsie,dis nou ek,het al klaar by nommer 18, oftewel ‘Twins’ Cottage’ ingetrek en saam met haar, haar rooibruin spanjoel,Tommie.
Nou moet ek darem sê, dis salig om soveel uiteenlopende dog verbeeldingryke bure te hê.

Ons reis die hele wêreld vol, maar as ons op Rebusfontein kom keer ons die dorpie onderstebo.

Ruk die badkamermat onder ‘n towerin uit en sy vind gou-gou ‘n towertapyt!

12 thoughts on “Lanterns in Towerinstraat

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s