Melkkos

https://aalsie.wordpress.com/2020/07/30/melkkos/

MELKKOS
60ml suiker
60ml koekmeel
2ml sout
550ml melk
fyn kaneel of kaneelsuiker
Meng droë bestanddele. Hou eenkant.
Meng 50ml van die melk by die droë bestanddele tot ñ pasta.
Gooi res van die melk in ñ potjie en laat kook.
Roer die aangemaakte pasta by en verlaag die hitte.
Roer aanhoudend tot verdik.
Skep op en sprinkel kaneel bo oor.
Bedien dadelik!

Sy oorgretigheid vir melkkos het op die ergste ooit trauma vir ons uitgeloop. Hy moes nooit gekom het nie! Groot verskonings. Familie in harwar weg, boom plat gery, hek gebuig, hekpaal uit fondasie en wat nog meer???.☹

Maar dis net die helfte van die verhaal. As dit nou nie was vir die zoom-gesprek (in Frans) met die Arabier nie, sou daar meer beplanning in die aandkos ingegaan het. Maar nee, alles moet mos ingeprop word voor die gaste kom.

Kook en Geniet is oopgeslaan en 2 liters melk het al begin prut toe die besef tot die gasvrou neerdaal…daar is nie genoeg eiers nie en die meel sal ook nie die pyp rook nie.

Toe is dit ore in die nek dorptoe want die winkels gaan nou enige tyd toemaak. Ai!

Terug in die kombuis het die melk klaar gekook. Nou vir die eierklitser, die meel en ‘n kwart teelepel sout.

Die menger kreun toe die meel gemeng moet word. Die klitserkop draai sommer vanself uit en taai meel peul oor die rante van die hoë mengbak.

Paniek lei tot foute. Meer water, nog ‘n liter melk, nog ‘n kg meel…TÉ VEEL.

Een kuiergas glimlag breed. “Lekker melkkos.” Maar sy woorde het gou dik geword, sy maag ‘n knop. “Mens sal suurmaag hiervan kry”, merk hy droog op.

Sy bied nou koffie aan, maar hy is so haastig huistoe dat selfs die onklaar koffie op die tafel bly staan.

En toe die verbouereerdheid in trurat pad- af. Gelukkig het die hek én die hekpaal na die trefslag bly staan. Hy het net die een hekpaal dopgehou.

Die gasvrou loop sleepvoet terug kombuis toe. Wat kon tog verkeerd geloop het? En toe tref dit haar. Kook en Geniet praat van 1 koppie melk per kop maar nêrens staan daar 1 koppie meel per persoon nie.

Niemand sien kans vir die flop nie. Die klonterige melkkos is boonop half rou. Sy skep die mengsel moeilik uit in haar gebotterde oondpan, stel die oond en keer ‘n uur later ‘n lieflike melkkospoeding uit.

Hmmm. Lekker saam met suiker en kaneel of selfs ‘n soet stroop of vla en voilà!

Maandag se flop het Dinsdag se wenresep geword. Foto in die middel.

Daar bestaan ‘n resep vir Melkkosbeskuit!

4 thoughts on “Melkkos

  1. Melkkos! Melkkospoeding! Ek was altyd so mal daaroor. Toe ek begin Bant het, het ek probeer om dit te maak. Tot vandag kon ek nog nie ‘n suksesvolle Bantingmelkkos regkry nie. Jy moes maar vir die Arabier ‘n stukkie poeding neem! 😁

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s