2020 Twins’ Cottage Towerinstraat no 18 Rebusfontein

https://christavanstaden.com

https://wordpress.com/block-editor/post/aalsie.wordpress.com/214

https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66ccceced1?visitor3

Rebusfontein se huisies word een na die ander vol.Vól karakter!
In 2020 het ons by nommer 18 ingetrek. Ek en my hele kaboedel snuisterye, boeke, handwerkgoeters en my dierbare Cocker Spaniel, Tommie. Sien foto.
Nommer 18 het ‘n naam…Twins’ Cottage!
Hier is twee stewige beddens én ‘n ekstra een in my deurloop vertrek oppad badkamer toe. Sien foto collage onderaan.
Die towerinne val gedurig hier in want hier is altyd anysbeskuit en my radio gons heeltyd op 101.8 fm, maar ek sit nie soos ‘n uil op ‘n kluit nie, ooooo nee! As die towerinne sê “KOM!” , dan is my tekkies klaar aan my nommer 5 voetjies.
Ons bondel almal saam in een kar (soms twéé) en vat die pad na die naaste straatmark. Ons gooi sommer so ‘n wye Kaapse draai. Eers na Baardskeerdersbos se kosmark, dan na Bredasdorp se Rooideurmark, dan Napier se varsmark en dan ‘n halfuur later Riviersonderend se Tabita – chic 2ehandse kleremark (tussen die kerk en die kroeg!) en dan hulle buurdorp, Greyton se snuisterymarkie.
En kan ons kóóp?!
Terug op Rebusfontein is dit ‘n ge-oe en ge-aa oor alles wat “ingevoer” is uit die Overberg.
Rebusfontein het sy eie aantrekkingskrag, die KUNSMARK.
Almal van ons het so ‘n bietjie kuns in ons. Dis skilder en linosnee en borduur, hekel en brei, kitaar-, klavier- en blokfluit speel en die kuns om in Afrikaans te skryf! Gooi al hierdie talente uit op jou marktafel en dis ‘n fees vir die oog!

Kom stap deur Towerinstraat dan sien jy enigiets van vintage tot retro en selfs chic en klassiek in die string huisies wat daar staan.

Uitgevang!Tommie op my bed.

Towerinstraat se huislanterns gaan een na die ander aan.


Vuurvliegie het die straat goed opgesom:” Towerinstraat is ‘n lang straat met baie huisies wat nog bewoon kan word.• Hester (Sintester), leier en breinbreier (Nommer 1 Towerinstraat)
• Una Bali, ons groot omgee maat en reisiger van formaat (Nommer 2 Towerinstraat)
• Scrapy, ons ver-vriendin, ouma van formaat, skeppende siel (Nommer 3 Towerinstraat)
• Kameel, ons lesende maat met baie talente veral as Camilla ons harte steel (Nommer 4 Towerinstraat)
• Toortsie, warrelwindbesige banter, singer, skrywer en eintlik alles
• (Nommer 5 Towerinstraat)
• Perdebytjie wat mooi met haar kameralens zoem en lief is vir die natuur (Nommer 6 Towerinstraat)
• Tannie Frannie mooi en vol grasie, lief vir boeke en broodjies met spasie (Nommer 7 Towerinstraat)
• Positief met haar minoraskerpte het ons almal baie lief (Nommer 8 Towerinstraat)
• VirgoC, doen graag voluit en laggend mee al die pad van oorsee (Nommer 9 Towerinstraat)
• Seegogga van min maar skerp woorde, verras ons uit alle oorde (Nommer 10 Towerinstraat)
• Bondels vol mooi en pretgedagtes en ook nuut op ons (bus) boot (Nommer 11 Towerinstraat)
• Trommeltjies ons stil vriendin, maar maak net eers daai kissie oop (Nommer 12 Towerinstraat)
• Woordnoot, sprak nie vir haar man ‘n woord van haar reis en wat sy ons laat beleef nie (Nommer 13 Towerinstraat)
• En ekke, as Lekkervurig begin, nou bekend as Vuurvliegie bly in Nommer 14 Towerinstraat
• Die huisies van nommer 15 verder, wag geduldig vir intrekkers. Sonell, en al die ander Bloglanders – ons wag om te hoor wie trek waar in!”
• Appeltjie,ons musikale juffrou van Grabouw (met Neef aan tou), mik vir nommer 16, maar as dit klaar toegeken is gaan sy nommer 17 (haar verjaarsdagsyfer) vat.
• Aalsie,dis nou ek,het al klaar by nommer 18, oftewel ‘Twins’ Cottage’ ingetrek en saam met haar, haar rooibruin spanjoel,Tommie.
Nou moet ek darem sê, dis salig om soveel uiteenlopende dog verbeeldingryke bure te hê.

Ons reis die hele wêreld vol, maar as ons op Rebusfontein kom keer ons die dorpie onderstebo.

Ruk die badkamermat onder ‘n towerin uit en sy vind gou-gou ‘n towertapyt!

18 thoughts on “2020 Twins’ Cottage Towerinstraat no 18 Rebusfontein

  1. Aitsa! Tabita Charity Shop Riviersonderend! Mooi foto’s. Lees lekker. Joanie
    Op Sa., 25 Jul. 2020 10:26 PM het Letty-Ann se Ervarings geskryf:
    > Letty-Ann posted: ” Rebusfontein se huisies word een na die ander vol.Vol > karakter!In 2020 het by nommer 18 ingetrek. Ek en my hele kaboedel > snuisterye, boeke, handwerkgoeters en my dierbare Cocker > Spaniel,Tommie.Nommer 18 het ‘n naam…Twins Cottage!Hier is twee stewige > be” >

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s