Brief aan myself

In reaksie op Christa se bloguitdaging sien https://christavanstaden.com/

Liefste Aalsie
Die lewe gooi interessante draaie en jy sal gedy want God is goed.
Jou kleintyd was een lang uitgerekte bederf met troppe liefde en aandag en dan het jy boon-op van dag een af ‘n beste maatjie in Joanie gehad. Dank Vader julle leef nog!
Van jou kerngesin het niks ouers oorgebly nie. Eers pappa, toe pa Dana,toe mamma. Maar mamma het Pa Chris vir julle agter gelaat om lief te hê en te respekteer en om raad en leiding vir julle te gee.
Selfs jou eie gesinnetjie het deur diep waters gegaan, maar – soos in grendeltyd- het julle GROEI ervaar.
Nou is jy al in die sestig, maar jy voel nog soos veertig (soms veertien, selfs vier).
Jou behoud is en was nog altyd jou familie en jy is ook deel van jou nageslag se behoud. Al lag jy net vir hulle grappies of gooi ‘n emoji op die selfoonskerm om die meelewendheid te behou.
Hierdie familieband word in stand gehou met stories. Onthou jy nog toe…? : – D
Geniet jou stories.Skryf dit neer.Bêre dit iewers sodat jou nageslag se nageslag ook iets daaruit kan leer!
Pas jou mooi op.
Liefde, soos áltyd,
Letty-Ann.

4 thoughts on “Brief aan myself

  1. Dankie dat ek deel kan wees van jou ervaringswêreld, jou hede en jou toekoms. Jy is net so intens deel van myne. Hou aan skryf. Die briefie aan jouself is sover vir my die heel mooiste. Lief jou, Twêni. Joanie
    Op Sa., 25 Jul. 2020 8:56 AM het Letty-Ann se Ervarings geskryf:
    > Letty-Ann posted: ” In reaksie op Christa se bloguitdaging. Liefste > AalsieDie lewe gooi interessante draaie en jy sal gedy want God is goed.Jou > kleintyd was een lang uitgerekte bederf met troppe liefde en aandag en dan > het jy boon-op van dag een af ‘n beste maatjie in Jo” >

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s