Tjankie word Dankie!

Ons het albei ons selfone gestel…hierdie keer doen ons dit reg.  Ons eerste probeerslag, ‘n week gelede, was ‘n algehele fiasko!
Hierdie keer was dit net die klein tjankie en haar oupa en ouma.
En…dit het rasend goed gegaan!!
Natuurlik was daar ‘n sarsie trane, maar dit was gou-gou vergete toe ouma begin storielees en oupa met ‘n groot fanfare die suksesresep van ‘n braaitangkontrepsie aan ‘n verlengingskoord uitgewerk het om die bal – wat op die balkon onder ons geval het – te “gaan haal”.  Die hele operasie is op video…so ook die luidkeelse toejuiging van die tuisskare.
Die mamma se kommentaar skuins voor slaaptyd:
“[01/04, 20:41] syt haarself gate uit geniet vandag 😄
[01/04, 20:41] syt sommer maklik uitgepaas na haar bad”.
Musiek in die stokflou (maar hoogs tevrede) grootouers se ore.  Ons het inderdaad ‘n besige dag agter die rug…
– storielees
– doeke en pottie en snacks en kos
– breinaald pick-up-sticks
– liedjies sing en rondspring
– wasgoed en skottelgoed was om die kids te verras
– middagkos! (genoeg vir vanaand)
– stap langs die see sodat die asjassie ‘n natuurlike middagslapie slaap
– huis-huis speel
-operasie bal red
(Dalk moet ek ophou opsê wat ons alles gedoen het want Pa Dana het altyd gesê, “as jy kan opnoem wat jy alles gedoen het, het jy nog nie genoeg gedoen nie!”)

11 thoughts on “Tjankie word Dankie!

  1. Daar is nie ‘n meer uitputtende werk as om na die kliengoed te kyk nie. Ek het genoeg ondervinding daarvan. Van al 9 was daar net 2 na wie ek ooit ‘n hele dag moes kyk nie. Dis die beste slaappil ooit!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s