Dit was die jaar 1986. Osona-basis, Okahandja. Twee hardebaard dienspligtiges wat wagstaan…deurnag.
“Hoe bly ‘n mens heelnag wakker?”, vra die een.
Gelukkig is sy wagstaanmaat ‘n sielkundige met die voordiehandliggende oplossing:
“Dis maklik! Kan jy onthou wanneer jy die eerste keer ‘n lemoen geëet het?!”
Hierdie stukkie Sielkunde het gewerk!
Hierdie storie het ek vele male gehoor en toe, vanoggend, uit die bloute! wil die man by die koffietafel langs ons by my weet wat ons ván is, ” want julle lyk so bekend”. My man staan nader en net daar drop die pennie…hý is die sielkundige wat destyds wou weet van die eerste lemoen.
Ek glo ons gaan hulle weer sien want hulle kom doen gereeld aankope in die Kaap en slaap as ‘n reël op Bredasdorp (ons dorp) oor.
Dis stories soos hierdie wat my tone laat krul. Want ja, dit ís amper te goed om waar te wees, maar dis waar. Dis wat vir my so wonderlik is, ons wat voor selfone ons lewens al geleef het, hoe ons, sonder tegnologie, weer by mekaar uitkom … want daar is Iemand in beheer.
LikeLike
Dis so oulik!!
LikeLiked by 1 person
Amper te goed om waar te wees!
LikeLike