Welkom in Uis

2hr 8 min.  Dis die tyd wat dit vat om van Swakopmund na Uis (Oeis) te ry.  Dis presies wat ons en van ons vriende op Nuwejaarsdag gedoen het en wat ‘n verrassing.
Hierdie ietwat uitgeweke myndorp se huise staan stewig en trots teen die wit woestynsand en nóg witter mynhope. Hulle het tin ontgin – blykbaar ‘n duur proses.
Ek het nie besef dat Uis ‘n Cactus & Coffee restaurant sou oplewer wat 9.5 by Booking.com gescore het nie.  Selfs tripadvisor is vol lof vir dié kwekery/eetplek wat ook akkommodasie bied.
Om alles te kroon het my vriendin met haar gesin etlike goeie jare op Uis gebly en is dit Uis se klubhuis wat my man as klein seuntjie in die breë stofstrate gaan soek het toe hy hom vir sy babasitter gewip het (en ja, hy hét verdwaal!)
Na ons steak prego rolls, hoendertoebroodjies en nog wat is ons tevrede daar weg.  Eers ‘n draai deur Hentiesbaai en dan Swakopmund toe want vanaand gaan ons kyk hoe die son vir die eerste keer in 2022 sak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s