Ons was gisteraand té laat om die oujaar hier by Jetty 1905 uit te gaan maar betyds om ‘n tafel vir Nuwejaar te bespreek!
So amper het die tafel deur ons vingers geglip want – net toe ons wou ry, sien ons die regteragterwiel is pap,pap,pap!
Na die maer spaarband ingeskroef is, is ons fort. Al met die loopplank langs to by die restaurant. Betyds en dankbaar.
Die plek het maar ‘n ” motley crowd” opgelewer. Ek het die rillings gekry elke keer wat ek in die blink gevreet van die onafgeronde seerower aan die oorkantste tafel vasgekyk het. Daar was nie sprake van tafelmaniere nie. Jig!
By die tafel reg langs ons was twee hoogs verveelde mense met twee hiperaktiewe selfone. Die man het gesit-lê in sy bruinerige sweetpak en sy vrou het haar vals oogwimpers gefladder vir ‘n weldeurdagte selfie geneem deur ‘n glas vol witwyn met die fokuspunt die rooi son wat traag op die branders gaan lê en dan daaragter verdwyn.
Ek vrek voor ek dit hardop erken, maar sy het ons geïnspireer om sélf ‘n paar mooi sonsakoomblikke af te neem.
Die wynkelner het ons bestellings kom neem en ons twee het weer eens besef hoe bevoorregd ons is om selfstandige kinders te hê sodat ons in onsself kan belê.
Lyk hemels
LikeLike
Het nogals na aan hemels gevoel!
LikeLike
Klink vir my na ń heel lekker manier om die nuwejaar in te stap, Letty-Ann.
LikeLike
Letty-Ann, Una!
LikeLike
Ja, die voorreg van selfstandige kinders wat, toe dit nodig was, deur hulle ouers tot selfstandigheid gelei is.
LikeLike
Dis so,né.
LikeLiked by 1 person
Oulike mammas oulike kinders.
LikeLiked by 1 person