Moenie die Kryte Eet nie

Skaars ‘n baksteen hoog maar verstaan elke woord. Sê alles na en is ultra sterk op assosiasie. Hierdie kleinkind het my aangenaam verras dié kersvakansie op Swakopmund.

Een van vele kersgeskenke was ‘n opvoedkundige skryfbord. Die een sy is ‘n swartbord, kompleet met ‘n pakkie bordkryt en ‘n miniatuur borduitveër. Haar eerste opmerking met die oopmaak van die pakkie bordkryt was, “MOENIE DIE KRYTE EET NIE!”. (Natuurlik by haar speelskooltjie geleer).

Die agtersy van die skryfbord is ‘n wit magnetiese veld. Daarvoor het juffrou letters en syfers gekry. Sy tel verbete tot by tien. Van die pak kokipenne wat daarmee saam gekom het wis sy gelukkig nog niks.

8 thoughts on “Moenie die Kryte Eet nie

Leave a comment