Dit begin met ‘n ‘magic circle’ en dan kry jou ontwerp lyf. Jy kan enigiets skep. Ek het besluit op Micky Mouse poppies.
Dit was ‘n eindelose plesier. Deurgaans is daar geïmproviseer. Sykous as voering om te keer dat die stopwol nie deurdruk nie, kurkproppe om te keer dat die nekke nie slap hang nie, prentjies blaai vir die mooiste ogies…en toe verloor ek hulle toe ek dit vir my kleinkind pos!
Dié VLV-uitdaging is lankal verby maar die Amigurumi Magic Circle het agter gebly.
Ons sit elke week ‘n dag opsy om saam te hekel of te brei – borduur selfs. Die punt is, ons doen dit sáám. Saam sit ons om my eetkamertafel en klets en ruil ‘craft’- tegnieke uit. Pinterest en Youtube help en dan is daar boon-op ‘n rekenaar en drukker/fotostaatopset wat al handig te pas gekom het. Die tegnologie werk met ywer saam om die denkskrum tot groter prestasies te lei.
Dit ter syde. Die heel lekkerste van hierdie Amigurumi’s is die gesprekke om die tafel (en natuurlik die kaal koppies koffie – ons koek en tee nie).
Dit is lekker om so eenkeer per week net lekker saam met bekendes te geniet. Verfris weer siel en gees.
LikeLike
Beslis,ja,Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Dit klink heerlik, ek is lus vir so iets in die nuwe jaar. Een dag per week saam met vriendinne. Hou van die idee van geen koeke nie, maak dit makliker.
LikeLike
Dis lekker gefokus.
LikeLike
A magic circle sowaar!
LikeLike
En jy is ook deel daarvan,Toortsie. Ek sien jou borduurwerk vorder goed. Hoe ver is jou 50’s-styl gholfhempie gebrei?
LikeLiked by 1 person
Albei sukkel … ek hoop ek is betyds, want daar is mos nog ‘n Sarel Seekoei sak ook …
LikeLike
Trust Toortsie om die Seekoei ook aan te pak ;-D
LikeLiked by 1 person
Kopdeel klaar … nog sak oor
LikeLiked by 1 person
Goed begonne,half gewonne!
LikeLiked by 1 person