Fynbos teen die rooitapyt. Laventel en roosmaryn vir konfetti, maar in die bruidsruiker, op die string manne se lapelle en op elke gas se tafel kry Proteas hulle lê. Alles vrylik bekombaar in die broodmandjie van die Kaap. Hier waar die fynbos koning kraai.
Intussen het heelwat sand deur die uurglas geloop en kan die eerste baba sterk loop. Haar oumagrootjies het sy nie een ontmoet nie, maar teen die muur sal daar eersdaags ‘n geborduurde protea hang. ‘n Kunstige skepping wat oupa Chris in die naaldwerkkas ontdek het!
Die Ierse linne, styf gespan in ‘n borduurring, is al deur die jare geel verbleik. Net daar waar die ring vasklou het die lap sy ligte roomkleur behou.
Gelukkig is die ontwerp goed gesentreer en sal niemand dit agterkom as die lap eers geraam is nie.
Die beste van alles is dat die Protea haarfyn beplan en met vloeiende lyne in kleur reeds voltooi is!
Kort- en langsteek is nogal ‘n kuns.
Die groen blare wat die Protea omring is sorgvuldig opgevul en siedaar…die Protea is klaar.
Twee generasies het daaraan geborduur en dit sal nou die volgende twee generasies se huis versier.
en nou lê hy eers in my laai vir my en wag!
LikeLike
Tx ou staatmaker!
LikeLike
Ek glo so! Ja!!
LikeLike
Wat ń spesiale geskenk!
LikeLiked by 1 person
Well done LA! Ek bewonder jou wat al hierdie erfstukke van jou ma voltooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie,M. Ja, ek moet sê, dit was nogal ‘n uitdaging maar nie naastenby so moeilik soos die sokkiebreiery nie!
LikeLiked by 1 person
En nou is jy versot daarop! 😘
LikeLiked by 1 person
Ja.Ek het dit gister die eerste keer gedra…kerk toe!
LikeLiked by 1 person
Dis mooi genoeg om kerk toe te dra. Dit was juis so koud.
LikeLike
Dis nou regtig kosbaar!
LikeLiked by 1 person
Dankie,Frannie.Dis vanjaar my dogter se kersgeskenk.
LikeLiked by 1 person