DEUR Kolmanskop

Kolmanskop is g’n verbeeldingryke spookdorpfoefie nie; dis ‘n REALITEIT.
Adolf Luderitz het ongeveer 200 jaar gelede diamantprospekteerdery daar begin en in die proses het ‘n selfstandige Duitse gemeenskap die spergebied hulle tuisdorp gemaak. Toeriste kan vandag op geskeduleerde tye deur die huise stap om die kleurvolle muurkuns en stylvolle houtwerk en argitektuur te beskou.


Deure is ‘n skaarste in die windverwaaide, sandbelaaide, stewige maar verlate huise.

  Waar is al die deure heen?


In die uitstallokaal word toeriste onthaal en siedaar…die deure dien as inligtingsborde en vertel Kolmanskop se delwersverhaal!

10 thoughts on “DEUR Kolmanskop

Leave a comment