ABBA-partytjie (Agter die Skerms)

Hierdie trio toets die klank.

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

………………

Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Seegogga, Aalsie, Positief, tannie Frannie, Appeltjie, WoordNoot, Trommeltjie, San, VirgoC, Toortsie, Sonell én Scrapy vaar in Toortsie se 70’s kleretas in en rol hulle oë, vat-vat aan die uitklokbroeke en lê teen hierdie tyd soos hulle lag.

Dit klink asof iemand planke daar buite rondsleep en is dit dan nie Danie wat so uitbundig blaf nie?  Dit moet Una wees wat besig is om die platform vir die ABBA partytjie bymekaar te skraap.

Sjoe,Una’tjie kan mos nie so alleen swoeg nie! Almal behalwe Toortsie, wat sukkel om uit haar laaste mondering te kom, gaan uit en help Una met verhoog bou.  Una is sigbaar verlig en Danie stap sleepvoet weg.  Die Goue Vroue het sy speletjie kom bederf.  Hiervan is die opgewonde vroue (gelukkig) heeltemal onbewus.


Appeltjie gaan haal gou ‘n paar helder ligte sodat dié wat wel gaan optree in die kollig(te) staan.

Positief het iewers gelees hoe mens die effek van ‘n rookmasjien kan naboots en blaai verwoed deur haar doen-dit-self handleidings…sy is gou huistoe vir haar navorsing.

Seegogga is besig om ‘n program te teken en San is net betyds om die itemlys saam te stel.

Aalsie moet sorg vir die klanktoerusting en sny ‘n lyn na Twins’ Cottage toe waar Tommie haar stertswaaiend inwag.  Hy kan sommer aanvoel hier kom ‘n groot lawaai.

Die res van die goues staan hande op die heupe hulle handewerk en bewonder. Interessant hoe gou jy ‘n verhoog kan opstel as almal fluks saamwerk.

Scrapy span ‘n tou oor die breedte van die verhoog en maak ‘n seebal vol blinkers daaraan vas. Of dit in die rondte gaan draai is ‘n ander vraag! (Dalk laat ons klomp ABBA ‘fans’ dit draai). Gelukkig was tannie Frannie so oulik om ‘n leer uit haar stoor te gaan haal.

“Eskom moet ons nou net nie vanaand drop nie”, sug Trommeltjie,” julle weet, my stem dra nie meer so sterk sonder ‘n mikrofoon nie.”  Woordnoot het gelukkig nie dié probleem nie.

Hier wys Karen Mason, Louise Pitre, and Judy Kaye in MAMMA MIA! hoe dit gedoen word.

“En die boogskutters is afhanklik van die kolligte”, skater Virgo-C tot die drie boogskutters se konsternasie.

Sonéll kry die spulletjie onder beheer.  Sy is, danksy haar jong kinders, konsert fiks.

20 thoughts on “ABBA-partytjie (Agter die Skerms)

  1. Pingback: Voorbereidings vir die ABBA-partytjie – toortsie.com

Leave a comment