Wat sê die Boere?

https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Dis die aand van die bal.

Al die Goue Vroue blom in hulle glansryke balrokke. Tannie Frannie het selfs ‘n miniatuur tiara op haar witgrys hare. Daar hang ‘n sweempie spanning te midde van die opwinding. Die Goue Vroue sit in afwagting vir die oplossing van die brief in Seegogga se handsak maar belangriker nog…die koning maak vanaand staat op hulle oplossing vir vrede.

Wat laasgenoemde betref vra Woordnoot ,”Wat sou die Boere gedoen het?”

Almal -selfs die Europeërs- praat met die hoogste lof van ons ou Boeregeneraals.  Die “Bittereinders” van die 1900’s.  Soveel so dat mens sou reken hulle het die Anglo-Boere-oorlog gewen, maar hulle hét nie.  Dat hulle galant geveg het teen Britse imperialisme, vroue en kinders en eiendom vir die vryheidstryd opgeoffer het en internasionale respek verwerf het en tóg die roer verruil het vir vredesonderhandelinge was grotendeels toe te skryf aan die feit dat hulle onderskeid kon tref tussen “Vryheid” en “Vrede”.

Soos die verhaal van die vrou en die kindergraffies wat Trommeltjies aan die wonder in haar boonhuis gesit het, het die Boere ook hulle Emily Hobhouse gehad wat haar oor die lot van die babas (en vroue) ontferm het.

Vir Theo moet die Koning opdrag gee om ‘n verdrag van vrede met die Griekse afgevaardigdes op te stel.

Terloops, Theo se oupagrootjie is die blonde baba waarna die vergeelde brief verwys.  Hy was die liefdeskind van Theo se voorvader en die destydse Griekse koningin…vandaar die onmin tussen die twee koningshuise.

Onmin wat tot herhaaldelike onrus lei.  Dis binne die koning se vermoë om vrede te bewerkstellig.

13 thoughts on “Wat sê die Boere?

  1. Die Goue Vroue by ń bal, mooi aangetrek en baie opgewonde. Dis nou maar altyd ń resep vir plesierigheid. Gelukkig het dinge, dink ek, rustig verloop en is die politieke onrus onder beheer.

    Liked by 2 people

Leave a comment