Baie Vrae, Min TYD

Woordnoot het met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saam genooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …my sleutel het die deur aan die onderent van die ingangsportaal oopgesluit.

Lees van elke sleutel hier https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Pers word tradisioneel geassosieer met koninklikes.  Pers is ook geestelik, romanties en geheimsinnig.

Indien enigeen nog sou wonder, mý sleutel het ál hierdie assosiasies ontsluit.

My kasteelkamer se geheimsinnigheid was vasgevang in die deur wat agter die reuse fotoraam verbloem is.

Of sou die geheim agter hierdie skildery skuil?

Dit was geen vreemde verskynsel om ‘n versteekte ingang wat lei tot geheime vertrekke in kastele, paleise, huise van welgesteldes of selfs in kloosters aan te tref nie.

Seegogga het op die geheime verbleikte brief afgekom waarin staan”…. My trane ken geen perke nie. My pragtige blondekop babatjie…..”. As die brief nie reeds in haar aandhandsakkie was nie, het ek gouer een en een by mekaar gesit. Vir Appeltjie het ek gladnie teëgekom nie want ek het met die geheime ingang in presies dieselfde vertrek as Seegogga beland. Natuurlik was dit iets wat eers later sou uitkom met Seegogga se beskrywing van die vertrek en die skryftafeltjie tydens die koning se bal.

‘n Baie onlangse whatsapp video oor die Britse koningin se skoonma, Prinses Alice, het my nietemin op ‘n interessante spoor gebring. Sy is in 1903 met ‘n Griekse Prins getroud (hy was glo ‘a ladies’ man’). Hulle het vier dogters gehad en laaste een seun … Prins Philip van Brittanje.

Alice was as gevolg van haar intense Grieks Ortodokse geloof geneig om heilige ervarings te beleef – in so ‘n mate dat sy as onstabiel gesertifiseer is en in 1930 vir ‘n periode van drie jaar in ‘n Switserse inrigting opgeneem is. Nadat sy ontslaan is het sy ‘n non geword, haar eie klooster begin en haar volle gewig onder die armes ingegooi. Sy het sedert 1967, die laaste drie jaar voor haar dood, in Buckingham paleis by haar seun en sy gesin gaan woon.  Sy was brandarm. (Bron: Accidental Talmudist Wisdom for All).

In dieselfde era het ‘n ander tragedie in ‘n soortgelyke gesinsamestelling plaasgevind.

Die laaste Russiese tsar, Nicholas II se vrou, Alexandra was Russies Ortodoks en ‘n sterk aanhanger van die Russiese monnik-geneesheer, Rasputin. Die hele Romanov gesin is die aand van 16-17 Julie 1918 deur terroriste onder die leierskap van Yakov Yurovsky in Yekaterinburg geskiet en met bajonette doodgesteek. (Bron:Wikipedia Execution of the Romanov Family).Hulle het toevallig ook eers vier dogters gehad en laastens ‘n seun.

My kop maal nog steeds oor al die moontlike verklarings van die geheime deur.  Ek moet binne ‘n uur by die bal aanmeld.

Toe skielik val dit my by van wat Frannie vertel sy gehoor het toe Claudia haar vertel van die kasteel met al sy mense en intriges.  Frannie weet alles van Alexi die Griekse geneser en haar liefie Theo, hoof van die koning se soldate. Sy weet van die aanval op die kasteel drie weke vantevore en die politieke onrus in die land. Sy weet dat die koning en koningin vanaand ‘n spesiale fees vir die Goue Vroue aanbied, omdat hulle hoop dat hierdie klompie vroue sal kan help om die onrus te laat bedaar. (Bron: Tannie Frannie se ‘Kasteelstorie’.  Inlinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871).

Alexi was nie dalk die afstammeling van ‘n Griekse pierewaaier nie? Ek sug.  Dis absurd! Tóg vermoed ek die antwoord sal ‘geestelik, romanties en geheimsinnig’ wees.

Ek peusel behaaglik aan die moerbei, pruim en rooipers granaatjie in die skinkbord waarop my glas Cabernet Sauvignon staan en asem skep.

Vanaand sal ons almal hoor wat die geheim is.

Vervolg…

20 thoughts on “Baie Vrae, Min TYD

  1. Ek het 8 ure tyd gehad om uit te vind.

    Ek besef daar is baie redes vir geheime. Was hierdie vir die voor-die-hand-liggende verbode liefde of was dit die deur na ‘n ontsnappingsroete soos in die geval van Pous Alexander VI in 1494, Pous Clement VII in 1527 en Marie Antoinette in 1789? (Bron: Wikipedia. Wenk: Gebruik die soekterm, ‘Secret Passage’).

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s