https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871
Dis die aand van die bal.
Al die Goue Vroue blom in hulle glansryke balrokke. Tannie Frannie het selfs ‘n miniatuur tiara op haar witgrys hare. Daar hang ‘n sweempie spanning te midde van die opwinding. Die Goue Vroue sit in afwagting vir die oplossing van die brief in Seegogga se handsak maar belangriker nog…die koning maak vanaand staat op hulle oplossing vir vrede.
Wat laasgenoemde betref vra Woordnoot ,”Wat sou die Boere gedoen het?”
Almal -selfs die Europeërs- praat met die hoogste lof van ons ou Boeregeneraals. Die “Bittereinders” van die 1900’s. Soveel so dat mens sou reken hulle het die Anglo-Boere-oorlog gewen, maar hulle hét nie. Dat hulle galant geveg het teen Britse imperialisme, vroue en kinders en eiendom vir die vryheidstryd opgeoffer het en internasionale respek verwerf het en tóg die roer verruil het vir vredesonderhandelinge was grotendeels toe te skryf aan die feit dat hulle onderskeid kon tref tussen “Vryheid” en “Vrede”.
Soos die verhaal van die vrou en die kindergraffies wat Trommeltjies aan die wonder in haar boonhuis gesit het, het die Boere ook hulle Emily Hobhouse gehad wat haar oor die lot van die babas (en vroue) ontferm het.
Vir Theo moet die Koning opdrag gee om ‘n verdrag van vrede met die Griekse afgevaardigdes op te stel.
Terloops, Theo se oupagrootjie is die blonde baba waarna die vergeelde brief verwys. Hy was die liefdeskind van Theo se voorvader en die destydse Griekse koningin…vandaar die onmin tussen die twee koningshuise.
Onmin wat tot herhaaldelike onrus lei. Dis binne die koning se vermoë om vrede te bewerkstellig.
Pragtige foto! Interessante artikel! Wow!
On Fri, Apr 23, 2021 at 8:07 PM Letty-Ann se Ervarings wrote:
> Letty-Ann posted: ” > https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871 Dis die > aand van die bal. Al die Goue Vroue blom in hulle glansryke balrokke. > Tannie Frannie het selfs ‘n miniatuur tiara op haar witgrys hare. Daar hang > ‘n sweempie spanning te m” >
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Die Goue Vroue by ń bal, mooi aangetrek en baie opgewonde. Dis nou maar altyd ń resep vir plesierigheid. Gelukkig het dinge, dink ek, rustig verloop en is die politieke onrus onder beheer.
LikeLiked by 2 people
Dit was ‘n fantastiese aand! Ek glo die koning het nou sy oplossing…sommer met koeksisters, melktertjies, ‘n potjie gholf én ‘n Castle om te knak terwyl Appeltjie wag vir haar operasie vanoggend!
LikeLiked by 1 person
En ‘n regte boerebraai om die vuur op die koop toe! Genoeg om enige iemand van sy nonsens te laat vergeet.
LikeLike
Einde, begin? Dit voel asof ons vir altyd nog stories kan bylas hier. Die Goue Vroue kan ‘n ding raakskryf hoor
LikeLiked by 2 people
Ons klomp kán!
LikeLiked by 1 person
En hulle gholfbaan toe stuur vir n 18 rondez. En daarna laat hout split vir die braaivleisvuur sodat hulle moet saamwerk. As manne n castle knak kom daar nogal baie dinge uit.
LikeLiked by 3 people
😜
LikeLike
Smaak my hulle gaan vashaak by die 19de putjie😊
LikeLiked by 1 person
As dit landsprobleme kan oplos, hoekom nie?
LikeLike
As die koning regtig wil, kan hy dalk ‘n paar melktertjies en koeksisters vir die moeilikheidmakers stuur. 😎
LikeLiked by 2 people
Dit sal beslis goed af gaan.Die Grieke het mos soet tande…baklava en dies meer.
LikeLiked by 1 person