BASUINFEES OP ELIM

Basuinorkesfees op Elim

Kyk die trompetspelertjie reg sop foto

VOLKSMUSIEK IN AKSIE OP ELIM IN DIE OVERBERG

Op 4 Oktober vanjaar het Neels Boonzaaier die VLV-tak ingelig oor volksmusiek.  Elim se basuinfees is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. 38 basuinorkeste, 8 dirigente (waarvan 1 uit Duitsland), eerwaarde professor doktor Karel Thomas August wat die diens lei en die ganse sendingdorpie sit vier ure bankvas op die walle van die binneplein  van Elim op Sondag, 23 Oktober 2022.

Oppad na Elim was daar reënsproei op die voorruit maar dit het genadiglik nie gereën met die uitvoering nie.  Dit was bewolk, ja.

Basuinorkeslede het stuksgewys opgedaag  en teen 09h15 was die binnehof tóé onder die wit hemde en koper blaasinstrumente. Die diens begin stiptelik 10h00 met die eerwaarde se woorde: “Ek preek in Afrikaans want ons is Afrikaans” en sy mense klap spontaan hande.

Gesofistikeerde klanktoerusting, ‘n professionele video opname, selfone en selfs ‘n hommeltuig was geen vreemde gesig nie maar ondanks die oormaat tegnologie was die Basuinfees op Elim deurspek met plattelandse gemoedelikheid, gewyde sang en spontane handgeklap en (belangrik!) waardering vir ‘n musiektradisie wat reeds 70 jaar volgehou word.

Die slotwoorde van die Duitse gasmusikant…
“I really enjoyed being here and it makes me proud that something that I composed was performed here for the first time and I was able to conduct it myself. It was a great joy for me and I will definitely come again.”

6 thoughts on “BASUINFEES OP ELIM

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s