Die Goue Vroue Hou Partytjie op Rebus!

Die Goue Vroue is ‘n groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met ‘n vlieënde tent om die wereld getoer, met ‘n luukse strykyster plesierboot die oseane verken, Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.

Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!

Om nog te lees, klik gerus hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd82https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd82

Appeltjie se medisinale olie doen die ding. Een val in en almal sing (Karin Zoid sal trots wees op ons)!

Rebus se teatertjie moet ingewy word. Ja, vir dié wat nog nie agtergekom het nie, die skewe rietdakhuisie aan die begin van ons vrolike dorpie is opgeknap. Daar is ‘n propperse verhoog gebou wat selfs Demis Ruosos voor sy streng dieet sou kon dra – ‘n ordentlike stukkie handewerk deur die ingevoerde Italiaanse maestro. Hy het hom nou wel bloedig vererg toe Toortsie botweg weier om van sy eksotiese (of is dit dalk ‘erotiese’?) Italiaanse noedels wou eet, maar was in sy noppies toe sy aanbied om by haar op Rebus te kom kuier.

So het dit gekom dat die Italianer met sy akkordion die een vopkswysie na die ander uitryg. Wie kan dan nou stilsit? Die ritmiese tempo, emosie uit die hart van Sorbello steek vas en kort voor lank kry Rebus se eerste partytjie in sy eie teater LEWE!

Seegogga is eerste om met handgebare en hoogskopaksies die vloer te open. Una voer haar winkeltrollie dansie uit, Lana val in met ‘n a-ritmiese handegeklap en siedaar! Rebus se riel gee sy eerste treë.

Kort voor lank klink die klavierspel van geoefende lang vingers op. Dis Toortsie! In haar element voor die honkietonk klavier agter die fluweelgordyne.

Christa haal ‘n flambojante Spaanse beweging uit en met ‘n voetestamp en handgeklap val die Italianer agter haar in…sy akkordion nou in die bekwame hande van Aalsie wat die wurmpie in-en-uit, in-en-uit trek dat hy soos ‘n wafferse boerepompie kreun.

Die teater kry kleur as die beurtkrag verby is en ál die partytjieliggies op die verhoog skielik aangaan. Nou kan mens die string handgemaakte vlaggies ook sien.

Die reuk van warm happies sypel deur die saal en op die primusstofie het die koffiepot so pas kookpunt bereik. Wat is ‘n partytjie sonder ‘n geurige koppie Java?

Toortsie, jóú beurt!

5 thoughts on “Die Goue Vroue Hou Partytjie op Rebus!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s