‘n Spaarblikkie!

Kanachi het ‘n spaarblikkie gekry…haar 1ste een! Dit lyk soos ‘n melkkannetjie met ‘n gleufie heel bo op sy deksel en die deksel draai oop. Sy is skaars 2 jaar oud en sy behoort nie agter te kom die deksel kan oopdraai nie…verkeerd.  Dis die heel eerste ding wat sy gedoen het, sy het die deksel oopgedraai!
Ouma moes maar toeplak met breë sellotape en toe werk dit!
Die banksakkie met munte het sy eers ‘n handvol probeer ingooi en toe een-een in die melkkannetjie se spaargleufie geglip.
Toe die geld in is het sy die blik op en af geskud en die ritteltit van pure lekkerkry gekry.

6 thoughts on “‘n Spaarblikkie!

Leave a reply to Una Cancel reply