Enige Verskoning vir ‘n Braai

Dis in die middel van die week in die middel van die vakansie en ons besluit in die middel van die dag om by die middelkind (my vriendin,BB) te gaan braai.

Suid-Afrikaners/oud-Suid-Westers laat hulle nie twee maal nooi nie. Enige verskoning vir ‘n braai! Of dit nou ‘n houtvuur in die veld of ‘n draagbare staalaffêrinkie onder die afdak is, braai sal ons BRAAI.

Natuurlik volunteer al die partye om die vleis, brood en slaai te voorsien maar die Swakopmunder wen en sonder ‘n vreeslike ommehaal van woorde het die spannetjie die pootjies uitgeskroef en opgeslaan gekry en is daar op hierdie perfekte aand sosaties en steaks gebraai.

‘n Mens moet nooit die gawe van gasvryheid onderskat nie. Ons ry eers die einde van die week terug huistoe en ek voel al klaar die heimwee.

8 thoughts on “Enige Verskoning vir ‘n Braai

    • Dis woes lekker! Ons wissel ons kuier tussen ons familie en ons vriendin wat onlangs op Swakopmund kom aftree het af en by tye oorvleuel ons en dan het alle partye soms ‘me time’. Dit werk soos ‘n droom.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s