Rovos Refrein

Die trein bly staan. 18 uit die 32 reisigers kloek saam in die heel agterste wa en gesels.  Kelners dra silwer skinkborde met broodjies en soet gebak en die bestellings vir drinkgoed is so verskillend soos die toeriste….in hierdie geval meeste Suid-Afrikaners want ons ry in ‘n luukse oorslaaptrein van die Kaap na Pretoria.

Almal sit in pare.  Dis SA Engelse wat met mekaar of met ander kultuurgroepe getroud is.  Dan is daar Afrikaanse paartjies wat bloot Afrikaans is, Hindi’s wat bloot Hindi is en Sotho’s wat bloot Pedi’s is.

Dit gons in (oorheersend) Engels.  Die gesprekke wissel van beroepe, kwale en grappe na wat om van die komende verkiesing te verwag.  Terwyl die uurglas tjoef-tjaf uitgeloop het, het die mense in hierdie luukse ingehoktheid – by wyse van spreuke – dieselfde taal begin praat alhoewel woorde soos “karma”en “wit dulsies” soms vreemd opgeval het.

Heelwat het saam ingeval by mekaar se koortjies en meeste het mekaar se grappe gesnap.

Ondanks dieperliggende kultuurverskille was almal dit eens.  As dit by ons landsake kom, speel ons almal vir één span.  Suid-Afrika is ons TUISVELD!

4 thoughts on “Rovos Refrein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s