Gee my KRAG

Ek hou Tommie met moeite agter die motorhek en koes vir die Oktobersonnetjie onder ‘n boom oorkant die pad. 

Ek het my sonbril op – nie my leesbril nie – en oe en aa vir elke kar wat by my straat indraai.  Enigeen kan dalk A-M wees.  A-M met haar splinternuwe motor met die kragstuur wat sy krag direk uit die enjin kry.

Ek was op die punt om op die randsteen te gaan sit toe die twee ‘n “kyk regs” doen, slegs my hond agter die toe hek sien en die toeter druk, salig onbewus van mý wat die linkeragterdeur van die nuwe motor oopmaak.

Ek gee hulle ‘n kriptiese les oor laterale visie.  “… die teenoorgestelde van tonnelvisie.”  Volgende keer sal hulle my links van die pad óók soek!

Ons kuier die middag in totdat een na die ander eggenoot bel.

G wat gewoonlik eers drie uur by die huis kom bel twee uur en vra waar A-M met die nuwe kar (wat hy nog nie eens onder oë gehad het nie) is.

K bel ook niksvermoedend.  Sy vrou moet hom asseblief op die land kom oplaai.

Na die nodige byklanke bestel ons slaai en kaasborde en gesels oor alles onder die son in die somerson.

Ek en M neem foto’s van ons ‘passion fruit’ en lemonades en van óns voor die nuwe motor Elkeen trek ‘n selfoon nader en ons praat met ons mans, ons kinders, ons kleinkinders, ‘n handjievol vriendinne en neem so tussendeur besigheidsbestellings.
“Business must go on”, sê A-M.

Toe hulle my by my hek aflaai, spring Tommie opgewonde op en stap ek met genoegdoening met hom saam.

Dit was ‘n goeie dag.  Ek vertel my man van A-M se splinternuwe motor met die kragstuur wat sy krag direk uit die enjin kry.  Hy LAG en sê, “Alle nuwe karre het deesdae kragstuur.”

18 thoughts on “Gee my KRAG

Leave a comment