Ons nuutste Goue vrou se blog, sketchyanecdotes, het my geïnspireer om my sokkiestryd te deel.
Kyk, my ma het my baie dingetjies geleer, maar my leer brei met 4 kort naalde, dié het sy liewerste geblaai. Geduld loop nie sterk in ons familie nie.
So kom dit dat ek op my oudag die innige begeerte ervaar om ‘n paar wolsokkies te brei.
My ma is nie meer met ons nie. Ek sien haar in my verbeeldingsoog glimlag oor die blote gedagte!
Nietemin; in ons ou plattelandse dorpie is daar menige knap vrou wat – sommer uit die kop uit – wolsokkies kan brei. Gelukkig het so een oor my pad gekom, vir my ‘n sokkiepatroon in die hand gestop, my dun wolle een kyk gegee en die ‘2-ply’ met die wolmerk op die wolbandjie uitgekies.
“Dis reg vir sokkies”, het sy laat hoor en op die koop toe vier nommer 14 breinaaldjies ingespan, 64 steke opgesit en die steke sodanig tussen drie van die breinaalde verdeel dat daar met die ekstra los breinaald ribbing gebrei kan word. Twee regs, twee aweregs. 3 duim lank!
Dis toe ek oorneem en met oorgehaaldheid aangaan wat die gedagte my na so twee rye tref…maar ek brei dan nou net met twéé naalde!
Alles word losgetrek en die 64 steke word van voor af opgesit, tot vervelens getel en afgeglip – 20 steke heel links op pen 2, 24 steke heel regs op pen 3 en 20 steke wat geduldig bly sit op pen 1.
En dis hier waar die sports van voor af begin.
Dàn is die steke nie meer ‘n gelyke getal nie en word daar vervaart na die verlore steek gesoek, dàn glip die steke van die voltooide ry op pen 3 af.
Na sewe vasberade rye kom ek agter dat die 3 breipenne nie ‘n driehoek vorm nie. Ek het op die verkeerde kortnaald aangegaan. As dit nie ‘n driehoek vorm nie, word die sokkie nie in die rondte gebrei nie. Uittrek! Dis die enigste genade.
As dit nie was vir die pragtige patroon en die unieke Duitse wol nie, het ek baie beslis nie weer probeer nie.
Ek skep toe maar weer asem en pak die 64 steke van voor af aan. Teen hierdie tyd skud my man net sy kop en sê glimlaggend, “Wag, laat ek liewer loop. Netnou is dit mý skuld!”
Ek beur moedig voort en voilà!
Nee hoor….sodra daar iets ekstra bykom soos nog ‘n naald, los ek dit net daar. Welgedaan!
LikeLiked by 1 person
Ek stoei,hoor!
LikeLike
Mooi man ek hou van n vrou wat haar vrou kan staan en telkens uittrek en oor begin. Soos hul ook se aanhouer wen. Hef aan le nog voor met hak en tone brei.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is ek omring van ‘n paar kranige breiers!
LikeLike
Dis lekker. Ek kan gelukkig goed patroon lees. Die in die rondte sit nie in almal se “broek” nie.
LikeLike
Dit slaan my dronk,Scrapy!
LikeLike
Haha, ek het nie selfvertroue om dinge uit my kop te doen nie, selfde met kook en my verwery ook.
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor jou wol
LikeLike
By Esties in Durbanville gekooo.Ingevoer en peperduur.
LikeLiked by 1 person
Moeite werd!
LikeLiked by 1 person
Hoe geniet ek jou vertelling. Ons moes iewers in die laerskool ‘n kep brei. Ek kry dit reg, maar die oorgange tussen twee naalde maak by my ‘n merk.
LikeLike
Tx,Toortsie! Die geheim is om die 1ste steek op die volgende naald STYF te trek!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek sal probeer!
LikeLiked by 1 person
Nee wat daai is vir my een te veel hoor. Jy is dapper en sal moet wys wanneer dit klaar is
LikeLiked by 1 person
Sal beslis!
LikeLiked by 1 person
Aalsie, ek is verstom! Hoe hou jy kop??? Jou man is slim, beter mens verwyder jouself uit so ń situasie.😉😄
LikeLike
Jaa.Doller as kopaf,Una,maar dit raak nou makliker.Die haak is natiurlik nog ‘n riller maar my wolvrinne is daar om my te leer hoe!
LikeLike
Tegelyk😳😳😳
LikeLike
Nee.Een-een.
LikeLike
Pragtige wol. Mens brei met 3 naalde?…😳😳😳😳😳
LikeLike
Eintlik 4 naalde.’n Los naald wat aflos speel tussen die drie naalde sodat dqar altyd ‘n driehoek vol steke is.
LikeLike
😳😳😳
LikeLike
Hie!Hie!
LikeLike
Ooooo, nou vat jy my ‘n leeftyd ver terug na my sokkiebreifiasko in st. 4…Jy is ‘n dapper vrou en daardie wol is pragtig!
LikeLike
Dankie,Frannie!
LikeLiked by 1 person