Rovos Rail het ‘n “special”.
By die Rovos Rail gebou by die Kaapse stasie gee ons uberdrywer die aflosstokkie oor aan ‘n Rovos gasvrou.
Rooitapyt!
Palm Strings violiste speel ononderbroke.
Rohan Vos, eienaar van Rovos Rail, heet almal persoonlik wekom.
Name word uitgeroep en gaste word per wa uitgeneem trein toe.
Die kompartement is lieflik met houtafwerking en paisley slaapbanke.
Ontmoet die Bothas in die sitkamerwa. Hulle is jonger as ons (56). Ons deel ‘n etenstafel dwarsdeur die treinrit. Gesels lekker.
1ste ekskursie is Matjiesfontein. Sing lekker saam met Mary-Ann en met Johnny voor die klavier.
Aandete is formeel en al die gaste is uitgevat. Ek met my nuwe swart kant bolero oor die lang swart rok. Danie met sy rooi strikdas wat hy op Bredasdorp by die China shop gekoop het (1 van 3).
Na ete het ons heerlik in ons kamer gestort en gaan slaap.
Elektriese komberse!
Sondag is dag 2 op Rovos.
Bly lekker lê met die trein se ritmiese gesus. Ontbyt was van 7 tot 10 beskikbaar.
Ons het gelees en ontspan in die kompartement tot middagete.
3 uur gestop in Kimberley.
Met toerbussies na die groot gat. Doen besigtigingstoer en bekyk diamantjuwele.
Speel Scrabble in die sitkamer totdat die aandete gong lui.
Kuier tot laat met die res van die treingaste.
Ontdek die kroeg en knoop geselsies met toeristeleiers van Kenia en ‘n egpaar van Tokai aan.
Sjampanje, sjokolade en ‘n opgemaakte bed lê en wag.
Verwagte tyd vir aankoms in Pretoria is Maandagmiddag 5nm.
Speel die beloofde potjie skaak na ontbyt in die lounge, lees in die kajuit en rus uit voor ons middagete met ‘n verskillende glas wyn by elke dis waarna ons weer sal kom rus!
Ons het ure in die sitkamerwa gekuier en het tot laatnag gewag om ons eindpunt te bereik. Die pluspunt hiervan was dat ons by mense uitgekom het wat ons van g’n kant geken het nie.
Uiteindelik by ons hotel…’n splinternuwe hoogtepunt!
Dis beslis uit die boonste rakke om so te kan trein ry. Lyk te heerlik vir woorde.
LikeLike
Dit was ‘n onvergeetlike ervaring,Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Nog ‘n emmerskopwensie op my lysie maar wil graag die ene Vic valle toe doen….
LikeLike
Ja, my vriendin se seun gaan nou Victoriavalle een doen. Julle sal dit so genier, Woordnoot!
LikeLike
Het grootgeword op treine want my pa het nooit n kar gehad nie. Do ek het nog al die jare n trein crush!
LikeLike
Ja, veral slaaptreine! Ons het 2x per jaar vir die parlementsitting heen-en -weer slaaptrein gery…Trans-Karoo😃😃
LikeLike
O dit was die beste vakansie ooit…en daai kos!
LikeLike
Stem!
LikeLike
Dit lyk allerheerliks!
LikeLike
Baie besonders,Toortsie.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dit klink na n heerlike ervaring!
LikeLike
Julle gaan nog alles van dié treintrippie hoor,Seegogga…sommer by die Leeskring🥰🥰
LikeLike
Skoon uit ‘n ander wêreld. Julle lyk sexy.
LikeLike
Dankie,hoor💃💃.Ou wêreldse weelde👌
LikeLiked by 2 people
Daar is die beskrywing – weelde
LikeLike
Dit lyk hemels, ek sal bietjie foto’s deel van ons outydse reis op die Magaliestrein. Hoeveel kos so reis en hoe gaan julle terug? Ek neem aan julle vlieg terug?
LikeLiked by 1 person
Met die spesiale agslag het dit ons R33 000 gekos ( sluit 2 treinkaartjies vir 2 dae,2 hotelkaartjies vir 2 dae en 2 vliegtuigkaartjies in).
LikeLiked by 2 people
Sjoe, dit is nogal baie, maar seker ook nie? Ons het R10 000 betaal om na my dogter af te vlieg. En julle is behoorlik bederf op die trein
LikeLiked by 1 person
Erg veel maar onder normale omstandighede totaal buite ons bereik😳
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam.
LikeLiked by 1 person
Foto’s van julle Magalistreinrit sal interessant wees,ja,Christa.Stuur.
LikeLiked by 1 person
Laat ek iets skryf voor ek vergeet.
LikeLike
En onthou die foto’s!
LikeLiked by 1 person
Aalsie, hierdie lyk na ń heerlike ervaring!
LikeLiked by 1 person
Hemels,Una!🌟🌟
LikeLike