Dis middernag. Ons is nog effe gedisoriënteerd maar genadiglik ongedeerd nà die sneeustorting in die Switzerse Alpe en nou staan ons op Zurich se stasie.
Die Goue Vroue is al weer op pad na ‘n nuwe avontuur! Op pad na ‘n troue toe, moet hulle eers ‘n paar stoppe maak. Klik hier en toer saam. Verwag ook sommer die onverwagse.
https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429
********************************************
ZURICH NA VENESIË
Die treinrit van Zurich na Venesië duur presies 6 ure en 7 minute. Aalsie het vir die hele groep kaartjies op die laaste trein uit Zurich om 00:08 bespreek. Hulle kon die hele ent slaap inhaal want daar het ‘n besige reisprogram op hulle gewag.
VENESIË
Venesië is op ‘n 100 klein eilandjies in ‘n strandmeer in die Adriatiese See gebou. Almal weet van Venesië se waterstrate. Die Goue Vroue is in ‘n bus vanaf die stasie na die besige terminus waar die watertaxi’s (vaporetto’s) wag. Langs die seestrate staan imposante Renaissance en Gotiese paleise. Die vaporetto neem die uitbundige vroue na die Piazza San Marco, waar hulle die St. Markus Basilica besoek. Gelukkig is daar nie nou ‘n groot toergroep nie en kan mens gemaklik in die katedraal rondstap. “Die Bizantynse mosaïekwerk is onvergeetlik”, fluister Seegogga hees.
Daar is heelwat toeristewinkeltjies, restourante en duiwe op St. Markusplein maar die grootste aantrekkingskrag is die musikante wat rondom die groot vleuelklavier staan en die allermooiste, welbekende klassieke musiek maak.
Tot die Goue Vroue se ontnugtering draf Toortsie na die vleuelklavier aan die oorkant van die plein, begin daarop tokkel en Woordnoot sing luidkeels saam,
” Will you still need me, will you still feed me when I’m sixty-four!”
Toe Appeltjie voor die vleuelklavier inskuif en die eerste amkoord van haar komposisie vir Camilla en Lorenzo se troue speel, staan die res van die Goues agter haar en sing harmonieus saam. Die groep Suid-Afrikaners kry vinnig momentum! Appeltjie val telkens in en draf die eerste agt bladsye van die F.A.K. foutloos deur voordat die Italiaanse polisie ingryp.
Gelukkig plaas Venesiërs ‘n hoë premie op toerisme en Aalsie bestel vir elke vrou ‘n oranje Aperol Spritz- drankie ‘op die huis’ (hulle moes net vir die stoele, waarop hulle die afgelope halfuur sit, betaal).
Na ‘n uitputtende dag is die spulletjie terug met die eerste watertaxi wat hulle na die besige terminaal van toerbusse kan vat. Die volgende been van die vervoerskema is ‘n historiese busrit.
“Die afstand van 339,6 km sal binne 4 ure gedek wees”, sê Ekmyselff en die Goue Vroue, wat ‘n studie gemaak het van die roete, lig die historiese hoogtepunte van elke dorp waardeur hulle ry uit. Elkeen het vooraf ‘n enkele dorp op die Italiaanse roete instudeer!
VERONA
“Hier is ‘Romeo en Juliet’ se 14-eeuse woning met die klein balkonnetjie bo die binnehof”, sug Sonéll.
BRESCIA
“En hier was lank gelede ‘n klooster, maar staan nog ‘n kasteel kompleet met hangbrug”, kom dit in verwondering van Frannie.
BERGAMO
Die oudorp, Città Alta, met sy keisteen strate is omring deur Venesiese mure.
“‘n Mens het ‘n kabelkarretjie nodig as jy oor die mure wil sien”, merk Virgo-C droogweg op. Die kapel met sy 18-eeuse fresco’s het die tye oorleef – so ook die Visconti familie se beeldhouers wat sedert 1387 die ‘quarry’ besit en die katedrale in stand hou.
MONZA
“Hier staan die Monza Katedraal, met ‘n 16-eeuse kloktoring, ‘n klassieke koninklike villa, ‘n park vir jagdoeleindes en die 1922 Autodromo Nazionale, ‘n Formule 1 renbaan”, diep Una haar nuutgevonde kennis op.
“Monza lê baie naby Milaan”, roep Positief (wat op die GPS kyk) opgewonde uit.
“Ja”, sê Aalsie nonchalant, “ek het klaar ons vliegtuigkaartjies van Milaan af terug Suid-Afrika toe bespreek.”
COMO
“Die Tempio Voltiano museum is opgedra aan die Italiaanse fisikus, Volta”, lig Ora ons doodluiters in.
LAKE COMO
“En hier eindig die rit!”, sê Kameel.
Die Y-vormige Lake Como is ‘n ongelooflike plek met sy rustige, blink water. Die Goue Vroue besluit om eers ‘n privaat boottoer op die meer te vat sodat hulle in ‘n ommesientjie al die versteekte plekkies kan sien; hulle verken die mooiste swemplekke.
Hulle is nie spyt dat hulle die skipper gehuur het nie.
Die skipper het hulle vertel dat Lake Como besig is om baie van sy tradisies te verloor omdat superrykes (soos George Clooney) villas hier besit. “Deesdae is die kanse groter om ‘n Ferrari as ‘n plaaswerker tussen die terracotta dakke te sien”, merk hy droogweg op en brei uit oor die paar grotto’s, oftewel huiseetplekke, waar jy nog minestrone, polenta en haasbredie kan bestel.
” En as julle by ‘n kothuis verbystap waar Pinocchio op die muur geverf is, dis die huisie van die tweeling, Angela en Giannina. Hulle maak marionette.
“Elke marionet is soos ‘n baba,” verduidelik Angela. “Ons maak nie twee wat identies is nie – selfs al ís ons ‘n identiese tweeling!”
Een van die marionette gemaak deur Giannina Tenti en Angela Leuenberger-Tenti © Andrew Montgomery / Lonely Planet
“Dankie,dit was onvergeetlik mooi”, sê Trommeltjie en voeg begeesterd by, “Bellisimo!”
Seegogga kyk benoud na al die kronkelpaadjies teen die berghange, wys die troukaartjie vir die skipper en vra hom om hulle asseblieftog direk by Grand Hotel Tremezzo af te laai. Die boot skiet met ‘n swierige boog vorentoe en pyl direk op die villa se vasmeerplek af. Die Goue Vroue gryp instinktief hulle wieletjiestasse stewig vas en begin die ent se stap op die krom keisteenpad wat na die onderpunt van die reeks trappe na Villa Como lei. Nou nog net ‘n kort entjie dan is hulle by hulle bestemming…die Grand Hotel Tremezzo!
#Villa del Balbianello, op die wal vanLake Como © Andrew Montgomery / Lonely Planet
ek is sover agter, gaan moet skakels vra om te kan lees.
LikeLike
🤩
LikeLike
Sjoe hierdie was ‘n belewenis, ek sal weer moet lees en eendag moet gaan, sug, eendag…..
LikeLike
Hmm.Ja…eendag!
LikeLiked by 1 person
Ek het Toortsie se mond toegedruk, was bang daai Afrikaanse woord meen dalk iets anders in sy taal🤭🤐🤐
LikeLike
Dankie tog jý het kop gehou,VirgoC!😅
LikeLike
😄😄😄😄
LikeLike
Sug van lekkerkry.
LikeLike
Heerlik saam met julle💃💃💃
LikeLike
Daai ongeskikte ou wat die watertaksi beheer, het my bietjie onkant gevang.
LikeLike
Ai, Toortsie, wàt ‘n belewenis😃
LikeLiked by 1 person
Ek moes my net inhou om hom nie in Boereafrikaans iets toe te snou nie.
LikeLiked by 1 person
🤣😂😆
LikeLiked by 1 person
Beleef ek nou weer ons si gery op die Sint Markus Plein. Man, ons het moed, maar my tone krul nou nog.
LikeLike
Ja, kyk, as jy en Appeltjie eers die klawers klits, is ons sommer almal opgeklits💃
LikeLiked by 1 person
En die Goues ráák so maklik opgeklits!
🙂
LikeLike
Jy weet dan!
LikeLiked by 1 person
Venesië is net so besonders. 😍
LikeLiked by 1 person
Ja, al die veskillende nasionaliteite en modegiere en gondalo’s en maskers en kantwerk en opera en akkommodasie op posseëlruimtetjies!
LikeLiked by 2 people
Jy het my nou vreeslik laat terugverlang, Aalsie.
LikeLike
Lekker! Ek is bly om te hoor jy het dit ook ervaar, Una. ‘n Onvergeetlike herinnering.
LikeLiked by 1 person
Wat n belewemis om so rond te toer! Ons sal erwns moet gaan shop! Ek het ook nog nie n rok nie! Stephen van Eeden se mooi rooi skepping pas my lankal nie meer nie.
LikeLiked by 2 people
Ek d8nk rk sal gaan vir Versage!
LikeLike
Hulle gaan nie weet wat hulle getref het nie. Lees flowers for mrs Harris van Paul Gallico
LikeLike
Ek het Flowers for Mrs Harris gelees.Wat ‘n pragtige boek.Bitter hartseer.
LikeLike
Ek is ook baie lief vir die boek
LikeLiked by 1 person
Wat ń toer!! Ek het Venesië vreeslik geniet, dankie Aalsie.
LikeLiked by 2 people
Bly jy het dit geniet,Una.Klink my Appeltjie wil sommer wéér gaan😄
LikeLiked by 1 person
Daar is soveel om te sien
LikeLike
Wel dit was nou n baie insiggewende reis. Die bootrit was helaas vir my besonders.
LikeLiked by 1 person
En die skipper! So galant.
LikeLiked by 1 person
Ons is darem seker nog nie by die troue nie, né
LikeLike
Nee, nog nie!😅
LikeLiked by 1 person
Genadiglik nie. Iewers moet ons net by ‘n winkel indraf asb. Jou tier was regtig uitsonderlik.
LikeLike
Dankie!
LikeLike
O aarde! Dis wonderlik! Maar ek sit met ‘n probleem! Ek het nog nie ‘n rok vir die troue nie! 😳
LikeLike
Toortsie, dra daardie Vogue skepping wat jy na die burgemeestersbal gedra het!💃
LikeLiked by 2 people
Ahaaa!
LikeLike
Ek moet asb nog in venesië kom vir my kantrok
LikeLike
Hmmm ja, niks kom by Venesiese kantrokke nie!
LikeLike