Elkeen het ‘n Storie

Elke gesin het ‘n storie.  Met “Cansa Relay for Life” gedenk ons ons s’n.

Elke jaar het ‘n ander tema.  In 2017 was dit ‘Karnaval’!

Ons goue oogmaskers met die pienk vere was ‘n treffer.  Min moeite.  Goeie impak. 

Die banier was ‘n ander storie.  Dit was ‘n materiaal toebroodjie met ‘n ou wit “block out” – blinding in die middel en swart kantgordynlap weerskante.  Die tegniek om al die letters op die doek te kry is van Spaanse oorsprong…uitsnywerk.

Op elke banier moes die volgende staan:
1.Span se naam.
2.Cansa Relay.
3.Kaap Agulhas Munisipaliteit.

Dan was daar spandrag.  Ons het purper manteltjies gedra.  Ander spanne het T-hemde laat druk.  Op die platteland gaan mens gróót!

Elke span het sy plot gekry langs die atletiekbaan vanwaar ons kon inval en tjeer vir ons aflosspan.

Omroepers van die plaaslike gemeenskapstasie, Radio Overberg, het vir spangees gesorg, aktiwiteite aangekondig en die atmosfeer met vrolike en later met gewyde musiek gesorg.

So tussen die aflosse is daar geëet, gelag, gesing, gehuil en stil geraak.

So ‘n aflos om die lewe te gedenk gee ‘n nuwe dimensie aan hoop.

17 thoughts on “Elkeen het ‘n Storie

Leave a comment