“Kom dat ons julle kan wys hoe. Amigurumi Donderdagoggend 09:00 by Uitsiglaan 2.Bring breinaalde (4 of 4.5) en hekelnaald. Ek het wolletjies.🧶🪄”
Hierdie uitnodiging is op die Amigurumi WhatsApp-groepie gerig.
Die eerste Donderdag was daar twee.

“🙌🙌Baie oulik, ken dit nie, sal ook graag wil leer!🤗”
“Morning Amigos ! Going to Hermanus on Wednesday if anybody needs anything from there!🌻🙂❤️”
Die tweede Donderdag net een.
“Dit lyk dan net of dit ekke gaan wees! Ek sal my neverending whatnot kom wys. Vir ‘n koffie bly en dan groet ek eers vir ±4 weke. Sien jou na 9.”
Die derde Donderdag kon nie een van die gebruiklike groep kom nie.
” Ek sal iewers in die jaar by julle kan aansluit! Ons is tans in isolasie. My man het verlede Donderdag positief getoets vir Covid!”
Ek kondig toe aan dat ons vir ongeveer 4 weke nie bymekaar gaan kom nie, maar toe kry ek die volgende twee boodskappe..
“O ek wou kom môre” en …
“Ek wou ook more kom vir my les😕”
En toe hervat ons weer ons weeklikse hekel- en breisessies!
Die twee ‘nuwelinge’ bring toe soos ek gevra het…”Hekelpen en 2 breipenne.Ek het dubbeldraad wolletjies🧶💃”
En almal is opgewonde oor die nuwe kreatiwiteit. Elke laswolletjie in ‘n ander kleur en met ‘n ander patroon en tegniek.
Ja,ons gaan die plaasvrouens nog die ‘magic ring’ hartjie ook leer.”
Wow dis nou te lekker om so te kom en te werk aan n stuk. Maak nie saak watter kleur of patroon nie. Gaan dit bietjie onthou.
LikeLike
Lieflik vriendin
LikeLike
Dankie,vriendin🤩
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig!
LikeLiked by 1 person
😁😀🥂
LikeLike