n Bleek bord kos en bleek poeding lok bleek siele.
Vaal en flou en verwese. Dís hoe die restaurantete daardie Sondag vertoon het. ‘n Vlies oor die oog…dof.
Rys en hoenderpastei, gebraaide aartappels, patats en sagopoeding. ‘n Verveelde versameling vir enige palet.
Om alles te kroon het die slaaitafel geswoeg onder die eentonige verskeidenheid van noedelslaai en-of koolslaai.
Tóg was dit smaaklik. Vir ‘n blinde wat onvertroud is met ‘n fees vir die oog was dit ‘n geurige kombinasie van geur en tekstuur.
Daar was die verrassingselement van versnipperde groente in die sponssagte hopie rys. Die lemoengeur in die verglanste patats. Die pofpastei met gevlokte hoender, die sout krakerige oondgebraaide aartappels en agterna die soet kontras van glibberige, roomryke sagopoeding. ‘n Fees vir die geestesoog maar ai, saai vir dié wat wél wil eet met die oog. Kleurloos, van alle kleurvolle vindingrykheid gedreineer.
Nee wat, dié eethuis kan maar doer eenkant vergaan. Ek eet volgende keer eerder uit my eie bont borde my eie rooiwangtamaties, soet geelwortels met kaneel, gestoomde murgpampoentjies met neutmuskaat, aartappels in die skil en ‘n skaaptjoppie of twee.
Vir poeding niks minder as tuisgemaakte vla met gebottelde geelperskes nie. Ek eet nou eenmaal met my oë. G’n bleek siele by mý tafel nie!
***As ek ‘n restaurant in my eie dorp…Sou nie…
LikeLike
Bitter jammer maar bitter waar.
LikeLike
Ja, nè! Ons toerismebedryf skree om hulp, maar as jy hulle ondersteun, is jy dikwels teleurgesteld oor wat hulle bied. So traak-my-nie-agtig en smaakloos…As ek ‘n restaurant in my eie doro moes aanbeveel? So nie kon nie…
LikeLiked by 1 person
Mens eet met jou oë….
LikeLiked by 1 person
Ja😃
LikeLike
Mens sal dink restaurante sal nou ekstra moeite doen om mense terug te lok
LikeLiked by 1 person
Presies wat ek ook sê,Trommeltjies.
LikeLiked by 1 person
Vreeslik baie ‘wit’ kossies. Bleek, soos jy sê. Ja wat, ek hou ook van ‘n kleurvolle bord kos.
LikeLiked by 1 person