Oë,Telepatie & Hart

Die beheerkamer is gerieflik in beheer, maar is dit?

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Nou is dit so dat Trommeltjies van die ruimte gedroom het, dat Toortsie die uitdaging uitbundig aangegryp het, dat Seegogga die ruimtepakke by die gryskop vroutjie gekoop het en dat Una die Goue Vroue in die ruimte met geraamtes geskok het. Dis Positief wat opgemerk het dat tannie Frannie soos ‘n flikkerliggie dán skyn, dán verdwyn omdat sy die verkeerde knoppies op die ruimtepak druk. Dis spanning wat pandemonium op die moederskip veroorsaak. Waar is Toortsie,Una en Woordnoot? Dié Goue Vroue wat in ‘n vlieënde piering opgeraap is, is besig om met die ruimtewesens onder die koepel te dans – so het Appeltjie vertel- en ons weet, volgens oorlewering, dat oorkoepelende gedagtes tot telepatiese verbindings bydra! Àl die vroue is in die koepel van die ruimte. Hulle kan mekaar net nog nie sien nie.

“Telepatie!

“Oë is blind, mens moet soek met die hart”, sê Aalsie. Hierdie aanhaling kom uit Antoine de Saint- Exupéry se Die Klein Prinsie wat op asteroïede B612 gebly het. Die dierbare klein prinsie sou ekstaties gewees het oor die Goue Vroue want hulle is so verbeeldingryk. Mens sou nooit sê hulle is grootmense nie!

!Die Goue Vroue het ”n natuurlike telepatiese verbintenis sonder die nodigheid om die knoppies agter hulle ore te druk.

“Bly gefokus”, sê Appeltjie.

“Ek kan aanvoel dat hulle hier naby is”, fluister Christa.

“Ja, hulle is sommer baie naby!”, roep San optimisties uit.

“”Maar waar?”, vra Ekmyselff haarself af.

“Dink net met jou hart”, kom dit van Carien.

“Ek het dit”, sê tannie Frannie. ” Hulle dans saam met die Pieringoë in die koepel reg noord!”

Die vroue raak stil, so gefokus is hulle. Hulle dink nou met hulle harte en fokus op noord!

Nie eens Google Maps sou die kolletjie onder die koepel so akkuraat vaspen soos die som van hulle telepatiese gedagtes nie. En dan sien hulle dit…die Pieringoë staar verstar na Una se na-aap- danspassies. Toortsie stuur breinseine uit en Woordnoot konsentreer op die paneelbord van die moederskip.

Carien is eerste om die bliep op die radarskerm raak te sien. Dis nou net ‘n kwessie van tyd. Die vlieënde piering is duidelik sigbaar en dit is omring met flikkerligte. Sou dit disco-ligte, morsekode of kinetika wees? As Woordnoot tog net hier was. Sy verstaan die beheerpanele die beste. En toe gebeur die ondenkbare…die beheerpaneel sny uit!

Madelé, ek hou my hart vas…wat nou?!

38 thoughts on “Oë,Telepatie & Hart

  1. Pingback: Gyselaarsdrama – Ruimtestorie – toortsie.com

  2. Oulik en intelligent! Dit klink vir my na “rocket science”.
    On Wed, Sep 1, 2021 at 6:42 PM Letty-Ann se Ervarings wrote:
    > Letty-Ann posted: ” Die beheerkamer is gerieflik in beheer, maar is dit? > Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, > enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat > weet net vir een van ons en ons sal jou graag verw” >

    Like

  3. Die drie Goues is steeds in gevaar, die ander op pad en die beheerpaneel sny uit! Hoe op aarde, of eerder, hoe in die ruimte gaan ons hier uitkom? Gaan ons by mekaar uitkom? Auch!
    Uitstekend geskryf soos altyd, Letty-Ann!

    Like

Leave a comment