Die Bovertrek

Ons almal ken die bovertrek.  Die assosiasie van isolasie en toewyding.  Geposisioneer om te fokus.

Hierdie Saterdag was geen uitsondering nie. Die manne het ruim bygedra tot die proviand.  Sout en suur en drie biere tussen die twee.

Ekstra kussings is vasgepak in die bont leunstoel.  Pa het lang bene en daar is g’n sprake van surplus vet nie.  Hy sit op kussings.

Ek hou die spulletjie bo-oor my borduurraam dop en geniet die familietradisie van waar ek kiertsregop teen my bed se kopstuk sit. (Sien foto!)

Die bovertrek impliseer ‘n stel trappe. Jig, nie die beste idee vir ‘n knie wat kla nie.  Tóg, dis koud en die twee trek agter die son aan.  Die wintersonnetjie toor met mens se emosies.  Pa se eerste opmerking toe hy die kamer binnestap was, “A! Dis nou ‘n kamer waar ‘n mens kan asem haal.”

Hy gaan sit op sy kussingbelaaide bont stoel, knak die eerste bier en drink die ambiance van die sonnige vertrek in terwyl die rugbyspanne om die beurt hulle volksliedere sing.

Springbokrugby in die bovertrek.

17 thoughts on “Die Bovertrek

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s