
“Kom Saterdag sodat die 5 manne 5 uur daar bo kan rugby kyk en agterna afval eet terwyl ons 5 uur hier onder kan begin fliek en ons 5 vroue ons 3-gangmaaltyd eet.”
Dit was die begin van ‘n 50/50 aand van lekker afval en Springbokrugby vir die manne teenoor ‘n mosselsop voorgereg met ratatouille met kapokaartappels en ‘n vrugtering met die heerlikste tuisgemaakte eiervla terwyl ons Netflix kyk.
Netflix…alles was 11:00 die oggend reeds opgestel, daar is op twee moontlikhede besluit en die vaardigheidskunsies is fyn deurgetrap voor Danie weg is na Pa se huis om die manne se afval voor te berei.
By ons huis is los kombersies en kussings reggesit, alles wat oortollig rondgestaan het is weggepak en silwer eetgerei is op die ronde tafeltjie voor die televisie reggesit.
Die eerste gas het net na my middagslapie opgedaag met haar aartappels. ‘n Halfuur voor die tyd het die tweede gas met ‘n stomende pot mosselsop opgedaag. Toe die poeding en laaste een met ‘n geblomde geskenksak – ‘n bottel kamerparfuum vir elke gasvrou…Vanilla.
Teen die tyd wat die sop koud geraak het het ek steeds gesukkel om The Devil’s Advocate te laai. Later het die een na die ander probeer en een het al benoud gevra ,”Wat gaan ons vir die mans sê, watter fliek het ons gekyk?” Einde ten laaste het al die instrumente saam gespeel en is AND SO IT GOES geaktiveer! Wat ‘n heerlike ontspanne fliek.
Ons mans het ná die rugby huistoe gekom en die aand het net-net gedreig om lank te rek met ‘n jagterstorie of twee toe een kophou en sê ons moet voor nege uur by die huis wees. Ek dink almal was te moeg om hom reg te help. Spertyd het mos aangeskuif na 10 uur.
Dit was baie lekker. Ons het heerlik gelag tussen al die soekery deur. Letty-Ann se ete-aande is gewoonlik ‘n groot sukses. Die fliek was ‘n bonus.
LikeLiked by 1 person
Dankie, twêni💞
LikeLike
Dis nou wat mens noem n heerlike ontspanne tyd so saam. Sonder al die rugby opwinding van manne.
LikeLiked by 1 person
Jy sê dit!
LikeLiked by 1 person
Watter lekker kuier! Toe ek nie vir ‘n kleuter ‘n fliek kon opsit nie, het sy haar mamma vertel: “Tannie F is ‘n bietjie dom.”
LikeLike
O my jinne,Frannie.Nou weet jy hoe het ek gevoel😛
LikeLiked by 1 person
Janee, ek weet presies!
LikeLiked by 1 person
Dis mos nou soos ons dit moet doen, Aalsie! Dit klink tog alte lekker.
LikeLiked by 1 person
Ja,Una, ‘n mens bly maar ‘n sosiale dier. Gelukkig is ons almal se inentings nou op datum.
LikeLike
Klink nou na ‘n heerlike aand en lekker kuier🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Ja,Carien. Heerlik. En na dese weet ek waar ek fout gemaak het. Moes na mouse mode verander het om fliek te aktiveer!
LikeLike
Wat ń heerlike lekker chic fliek, klink baie lekker
LikeLiked by 2 people
En ek dog my intellektuele vriendinne sal liewer ‘n hofsaak as ‘n romantiese komedie wil kyk, maar nee! Dis die mediese dokter wat die romanse wou sien…tot ons almal se groot vreugde.
LikeLiked by 2 people
Klink soos n slumberparty. Heerlik
LikeLiked by 2 people
Ja,en ons het lekker vir mekaar gelag.
LikeLiked by 1 person
Ag maar dit klink té lekker. Die kos, die atmosfeer. Die afval ook. 😁
LikeLiked by 2 people
Ja,regtig besonders pret gehad🥰🤩
LikeLiked by 1 person