Dankie, Mary

Hy hou die hele wêreld in sy hand…
Vandag het albei haar families haar begrawe. Al die kinders, grootmaakkinders, klein-en agterkleinkinders en ook die uitgebreide familie wat haar as hulle tweede ma ken.
Ons almal sal haar onthou vir haar passie vir die lewe, haar werk en al haar “familie”.
In ons almal se tuine staan daar van haar steggies geplant.
Sy was lief vir blomme en almal wat kom dankie sê het vir wat sy in ons lewens beteken het, het vir haar dankie kom sê met hulle blomme.
Ons het beurte gemaak om die kis graf toe te dra en saam bly staan terwyl die koortjies by haar oop graf staan en sing ” ‘n Ma is van ons weggeneem”.

Mary.

16 thoughts on “Dankie, Mary

Leave a reply to Letty-Ann Cancel reply