Lees al die avonture hier: https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea
Dames, om hier uit te kom, moet ons so vinnig as moontlik begin. Die olifante is klaar in Rebus, so vir ons om ons dorp te red moet ons die speletjie klaarkry. Help nie ons gee Aalsie die skuld nie, hoe moes sy weet die Praatstok het Jumanji ontsluit.
Terwyl die Goue Vroue met groot afwagting die dobbelstene gooi skrik Rebusfontein se bont koei amper haar kolle weg. Sy sien ‘n groot stofwolk en verbeel sy haar of hoor sy ‘n jong kalfie bulk. As haar instink haar die drop nie is dit ‘n blouwildebeesbulkalf!
Ek weet wat alles verkeerd kan loop!
Danie kom met groot oë oop en toe aangehardloop. Hy pyl reguit op die stofwolk af. Dit kan net één ding beteken…die bordspel is besig om met die Rebus-vroue se koppe te smokkel en sy Una is mos altyd kort op Positief se hakke. Wat as Una in gevaar is? Maar dan sien hy vir klein Dawie en besef dat dit Appeltjie se gooibeurt moet wees. Una se lewe is gladnie meer in gedrang nie. Sy mag dalk effe lyfseer wees want hy hoor haar elke nou en dan mompel, “Oe,my lyf.” Maar dis nie al wat Una mompel nie.
Met verdrag vertel Una van die blouwildebeeste se ritueel om- as deel van hulle migrasie in die Serengeti Natuurreservaat in Tanzanië- blindelings agter die reën anderkant die Mara rivier aan te storm.
Hulle versuip by die duisende en so hou hulle die ekologie aan die gang. Vir die krokodille, visse, hiënas en ander wild is dít groot stukke steak wat in die rivier geslinger word.
Aalsie wonder hoe Una so ingelig is en dan onthou sy. Una se man werk gereeld in Afrika en hierdie Serengeti uittog is al ‘n legende.
Dawie hoor San sê sy gaan nóú toer. Sy het mos Afrika-bloed in haar are!
Frannie se kat wonder wat het van al die broodjies geword.Die Goue Vroue sit seker en broodjies breek daar waar die stofwolke so staan.
“Kom nou,Kom nou”, laat Seegogga se papegaai weet. “Moenie op loop gaan nie. Die kalf is nog nie in die rivier nie, hy word nog net gebore. Toortsie speel vroedvrou. Sy weet van kallers vang.”
Christa se drie snauzertjies blaf in koortjies. Hulle raak vreeslik opgewonde want Christa is besig om haar nuwe kameralens in te stel vir aksiefoto’s.
Carien beur weg.Sy bly gefokus op die bord. Daar waar sy plak kry sy nooit tyd vir bordspeletjies nie en sy gaan beslis nie haar mooi wit uniform met ‘n kalf se geboorte bevlek nie.
“Wie praat van ‘n geboortevlek?”, vra Woordnoot benoud. Virgo C kan op haar kop staan. Sy wys beslis nie waar haar geboortevlek sit nie!
Dis chaos besluit Tommie en gooi al sy jagtersinstinkte oorboord as hy die groot olifante hoor trompetter. Hier moet hy wegkom.
Intussen gooi Appeltjie die dobbelstene…en Sonéll se kop gons met al die prentjie-idees vir haar nuwe kunskinders.
Ooo hierdie is opwindend!!!
LikeLiked by 1 person
Mooi Aalsie, lyk my die diere gaan besig gehou word met ń wildtuin op hu drumpel.
LikeLiked by 1 person
Ja-nee! Ek hoop net die dam se water hou want olifante kan volumes water opslurp!
LikeLike
Welgedaan Aalsie…jy het darem vinnig hierdie klompie effens rustiger….
LikeLiked by 1 person
Dankie,Woordnoot.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, gelukkig is daar n paar diere op Rebus wat die fort kan hou! Dankie Aalsie!
LikeLike
Dis omtrent besig in Rebus, nog groot dinge om te kom, whohooooooo
LikeLiked by 1 person
Ons sien uit na jou storie🤩
LikeLike
Te oulik geskryf, Aalsie! Janee, terug in Rebus klink my is almal in rep en roer. Hulle moet nou olifante en bokke besig hou terwyl die goue vroue iewers in die diepte van Afrika kop bo water probeer hou.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Una.
LikeLike
Joe Aalsie! Joe! Uitstekend vasgevang! Dankie. Ek wonder wanneer ons iewers sal kan asemhaal ook, want dit bly net asemophou die hele tyd!
LikeLiked by 2 people
Dankie,Toortsie.My verbeelding is op hol💃
LikeLiked by 3 people
Dis wat die Goue Vroue-avonture aan ‘n mens doen. 😁🥂
LikeLiked by 2 people