Hy dra haar op sy hande
Beloof haar silwer armbande
“Een vir elke jaar!”
Hy glimlag mooi vir haar
Sy helder blou oë
Besonders as hy na haar kyk
Asof die liefde dit deurspoel
‘n Ongekende, warm gevoel
Sy vol mond vorm die woorde
“I love you”
En sy antwoord sag
“I love you too”
Nou draai sy haar silwer armband
Om en om en om
Haar herinneringe kry die oorhand
“Ek droom nog steeds van hom!”

Aalsie, jy is ‘n meester met woorde. Ek ervaar jou as iemand wat jou alles in jou verhoudings gee. Wat ‘n mooi eienskap.
LikeLike
Wat ‘n lieflike kompliment!Dankie,T.
LikeLiked by 1 person
Maar dis waar!
LikeLiked by 1 person
Mense is mos maar my passie💞
LikeLiked by 1 person
Wonderlike passie
LikeLike
Pragtige skrywe💜
LikeLike
Dankie,VirgoC
LikeLike
Sjoe, ek hou hiervan. Die wending is onverwags en mens wonder.
LikeLike
Ja,hy is vroeg dood aan breinkanker.Ons was 37 jaar oud.Dit bly ‘n wonderlike maar hartseer herinnering.
LikeLiked by 1 person
Ai Letty-Ann, ek weet eintlik so min van alles. Klink soos goeie herinneringe.
LikeLiked by 1 person
Pragtige gedig. Vol gevoel en baie hartseer maar tog ook vrede.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Scrapy.Ja,vrede.
LikeLiked by 1 person
Die vrede wat so belangrik is vir n mens se gemoed.
LikeLike
Ek moes nou eers weer gaan lees, dis baie hartseer en tog so mooi. Ai.
LikeLiked by 1 person
Wat ń lieflike skrywe, Letty-Anne!
LikeLiked by 1 person
Dankie,Una.My herinneringe is geprikkel deur die afsterwe van my vriendin se man.
LikeLike
Jammer daaroor. Ons verloor deesdae baie mense, almal van ons.
LikeLike
Dankie,San.Ons was bitter kort getroud toe hy ‘n breingewas gekry het.18 maande later is hy dood.Hy was kosbaar.
LikeLike
Letty-Ann, nou is ek stom. Dit moes baie erg gewees het. Eendag moet jy my van jou pad van genesing vertel.
LikeLike
Die kortpadantwoord is GELOOF, maar ek sal jou eendag meer volledig vertel.
LikeLike
💗💗💗
LikeLike
Jou skrywe spreek diep, wyd en getuig van baie insig nè!
LikeLike